Skip to main content
  • WORD Research this...
    1 Konings 1
    •   Toe koning Dawid oud en ver op sy dae was, het hulle hom met komberse toegemaak, maar hy kon nie warm word nie.
    •   En sy dienaars aan hom: Laat hulle vir my heer die koning 'n jongmeisie soek, dat sy voor die koning kan staan en vir hom 'n verpleegster wees en in u skoot lê; dan sal my heer die koning warm word.
    •   Hulle het toe in die hele grondgebied van Israel 'n mooi meisie gesoek en Abísag, die Sunamitiese, gevind en haar by die koning gebring.
    •   En die meisie was besonder mooi, en sy was vir die koning 'n verpleegster en het hom bedien; maar die koning het geen gemeenskap met haar gehad nie.
    •   Intussen was Adónia, die seun van Haggit, so vermetel om te dink: Ek sal koning word! En hy het vir hom waens en perderuiters aangeskaf en vyftig man wat voor hom uit loop.
    •   En sy vader het hom sy lewe lank nie gekrenk deur te nie: Waarom maak jy so? Bowendien was hy ook baie mooi van gestalte, en sy moeder het hom Absalom gebaar.
    •   En hy het met Joab, die seun van Serúja, onderhandel en met Abjatar, die priester, sodat hulle gehelp het as volgelinge van Adónia.
    •   Maar Sadok, die priester, en Benája, die seun van Jójada, en Natan, die profeet, en Símeï en Reï en die helde van Dawid het nie met Adónia saamgegaan nie.
    •   En Adónia het kleinvee en beeste en vetgemaakte vee geslag by die klip Sohélet wat langs die fontein Rogel staan, en al sy broers, die seuns van die koning, en al die manne van Juda, die dienaars van die koning, genooi;
    • 10   maar Natan, die profeet, en Benája en die helde en sy broer Salomo het hy nie genooi nie.
    • 11   Toe Natan vir Bátseba, die moeder van Salomo: Het u nie gehoor dat Adónia, die seun van Haggit, koning geword het sonder dat ons heer Dawid dit weet nie?
    • 12   Kom dan nou, laat ek u tog 'n raad gee, dat u u lewe en die lewe van u seun Salomo kan red.
    • 13   Gaan en tree binne by koning Dawid en vir hom: Het ú nie, my heer die koning, vir u dienares gesweer en gesê nie: U seun Salomo sal sekerlik koning word my, en hy sal op my troon sit? Waarom het Adónia dan koning geword?
    • 14   Kyk, terwyl u daar nog met die koning spreek, sal ék agter u inkom en u woorde aanvul.
    • 15   Daarop het Bátseba ingegaan na die koning in die kamer, terwyl die koning baie oud was en Abísag, die Sunamitiese, die koning bedien.
    • 16   En Bátseba het gebuig en neergeval voor die koning. Toe die koning: Wat wil u hê?
    • 17   En sy antwoord hom: My heer, ú het by die HERE u God vir u dienares gesweer: U seun Salomo sal sekerlik my koning word, en hy sal op my troon sit.
    • 18   Maar kyk, nou het Adónia koning geword sonder dat u, my heer die koning, dit weet.
    • 19   Want hy het beeste en vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en Abjatar, die priester, en Joab, die leërowerste, genooi; maar u dienaar Salomo het hy nie genooi nie.
    • 20   Maar op ú, my heer die koning, is die van die hele Israel om hulle te kenne te gee wie op die troon van my heer die koning hom sal sit.
    • 21   Anders sal dit gebeur, sodra my heer die koning met sy vaders ontslaap het, dat ek en my seun Salomo vir misdadigers gehou sal word.
    • 22   En kyk, terwyl sy nog met die koning spreek, kom die profeet Natan in.
    • 23   En hulle het dit die koning te kenne gegee en gesê: Daar is Natan, die profeet. Toe kom hy voor die koning en buig hom voor die koning met sy aangesig na die aarde toe.
    • 24   En Natan sê: My heer die koning, het ú gesê: Adónia sal my koning word, en hy sal op my troon sit?
    • 25   Want hy het vandag gegaan en beeste en vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en die leërowerstes en Abjatar, die priester, genooi, en kyk, hulle eet en drink voor hom en sê: Mag koning Adónia lewe!
    • 26   Maar my, u dienaar, en Sadok, die priester, en Benája, die seun van Jójada, en Salomo, u dienaar, het hy nie genooi nie.
    • 27   As hierdie saak van my heer die koning uitgegaan het, dan het u aan u dienaars nie bekend gemaak wie op die troon van my heer die koning hom sal sit nie.
    • 28   Daarop antwoord koning Dawid en sê: Roep Bátseba vir my! En sy het ingekom voor die koning en voor die koning gaan staan.
    • 29   Toe sweer die koning en sê: So waar as die HERE leef wat my uit alle benoudheid verlos het,
    • 30   sekerlik, soos ek u by die HERE, die God van Israel, gesweer en gesê het dat u seun Salomo my koning moet word en hy op my troon moet sit in my plek, sekerlik so doen ek vandag nog.
    • 31   En Bátseba het met die aangesig na die aarde gebuig en voor die koning neergeval en gesê: Mag my heer die koning Dawid vir ewig lewe!
    • 32   Verder het koning Dawid gesê: Roep vir my Sadok, die priester, en Natan, die profeet, en Benája, die seun van Jójada. Toe kom hulle in voor die koning,
    • 33   en die koning vir hulle: Neem die dienaars van julle heer met julle saam en laat my seun Salomo op my eie muil ry, en bring hom af na Gihon toe;
    • 34   en laat Sadok, die priester, en Natan, die profeet, hom daar as koning oor Israel salf, en julle moet op die ramshoring blaas en sê: Mag koning Salomo lewe!
    • 35   Dan moet julle agter hom optrek, dat hy kan inkom en op my troon sit; want hy moet koning wees in my plek, en ek het hom aangestel om 'n vors oor Israel en Juda te wees.
    • 36   Toe antwoord Benája, die seun van Jójada, die koning en sê: Amen! Mag die HERE, die God van my heer die koning, ook so sê.
    • 37   Soos die HERE met my heer die koning was, mag Hy so met Salomo wees; en mag Hy sy troon groter maak as die troon van my heer die koning Dawid.
    • 38   Toe het Sadok, die priester, afgegaan saam met Natan, die profeet, en Benája, die seun van Jójada, en die Kreti en die Pleti, en hulle het Salomo laat ry op die muil van koning Dawid en hom na Gihon gebring.
    • 39   En die priester Sadok het die horing met olie uit die tent geneem en Salomo gesalf, en hulle het op die ramshoring geblaas, en die hele volk het gesê: Mag koning Salomo lewe!
    • 40   Toe gaan die hele volk op agter hom aan, terwyl die volk op fluite speel en hulle verheug met groot blydskap, sodat die aarde geskeur het van hulle geluid.
    • 41   En Adónia het dit gehoor en al die genooides wat by hom was, toe hulle net klaar geëet het; Joab het ook die geluid van die ramshoring gehoor en gesê: Waarom is die geluid van die stad rumoerig?
    • 42   Terwyl hy nog spreek, kom Jónatan, die seun van die priester Abjatar, daar aan; en Adónia sê: Kom in, want jy is 'n wakker man en bring 'n goeie boodskap.
    • 43   Maar Jónatan antwoord Adónia en sê: Ja, maar ons heer die koning Dawid het Salomo koning gemaak!
    • 44   En die koning het Sadok, die priester, en Natan, die profeet, en Benája, die seun van Jójada, en die Kreti en die Pleti met hom saam gestuur, en hulle het hom op die koning se muil laat ry;
    • 45   en Sadok, die priester, en Natan, die profeet, het hom in Gihon as koning gesalf, en daarvandaan het hulle met blydskap opgetrek, sodat die stad opgewonde geraak het; dit is die geluid wat julle gehoor het.
    • 46   En ook het Salomo op die koninklike troon gaan sit.
    • 47   Bowendien het die dienaars van die koning gekom om ons heer die koning Dawid geluk te wens met die woorde: Mag u God die naam van Salomo beter maak as u naam en sy troon groter maak as u troon. Toe het die koning op die bed aanbid;
    • 48   en die koning het ook so gesê: Geseënd is die HERE, die God van Israel, wat vandag gegee het dat een op my troon sit terwyl my dit sien.
    • 49   Daarop het al die genooides wat by Adónia was, verskrik opgestaan en elkeen sy pad gegaan.
    • 50   Maar Adónia was bevrees vir Salomo en het opgestaan en heengegaan en die horings van die altaar vasgehou.
    • 51   Toe is daar aan Salomo meegedeel en gesê: Kyk, Adónia is bevrees vir koning Salomo; en kyk, hy hou die horings van die altaar vas en sê: Laat koning Salomo eers vir my sweer dat hy sy dienaar nie met die swaard sal ombring nie.
    • 52   Daarop Salomo: As hy 'n betroubare man sal wees, sal geen haar van hom op die aarde val nie; maar as daar kwaad in hom gevind word, moet hy sterwe.
    • 53   En koning Salomo het gestuur, en hulle het hom van die altaar afgebring, en hy het ingekom en hom voor koning Salomo neergebuig. En Salomo het vir hom gesê: Gaan na jou huis.
  • King James Version (kjv)
    • Active Persistent Session:

      To use a different persistent session key, simply add it above, and click the button below.

      How This All Works

      Your persistent session key, together with your favourite verse, authenticates you. It links to all your notes and tags in the Bible. You can share it with loved ones so they can see your notes and tags.

      However, to modify your notes and tags, you need both the persistent session key and your favourite verse.

      Please Keep Your Favourite Verse Private

      Your persistent session key and favourite verse provide you exclusive access to edit your notes and tags. Think of your persistent session key as a username and your favourite verse as a password. Therefore, ensure your favourite verse is kept private.

      The persistent session key allows viewing, while editing is only possible when the correct favourite verse is provided.

    • Loading...
  • Ou Vertaling (aov - 1.3.3)

    2009-03-24

    Afrikaans (af)

    1933/1953 Afrikaans Bybel,
    Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
    This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

    • Encoding: UTF-8
    • Direction: LTR
    • LCSH: Bible. Afrikaans.
    • Distribution Abbreviation: aov

    License

    Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire

    Source (OSIS)

    http://www.biblesociety.co.za

    history_1.1
    replaced missing verses
    history_1.2
    unlocked
    history_1.3
    corrected a number of encoding errors
    history_1.3.1
    corrected conf file
    history_1.3.2
    conf file correction
    history_1.3.3
    (2022-08-01) conf file correction

Basic Hash Usage Explained

At getBible, we've established a robust system to keep our API synchronized with the Crosswire project's modules. Let me explain how this integration works in simple terms.

We source our Bible text directly from the Crosswire modules. To monitor any updates, we generate "hash values" for each chapter, book, and translation. These hash values serve as unique identifiers that change only when the underlying content changes, thereby ensuring a tight integration between getBible and the Crosswire modules.

Every month, an automated process runs for approximately three hours. During this window, we fetch the latest Bible text from the Crosswire modules. Subsequently, we compare the new hash values and the text with the previous ones. Any detected changes trigger updates to both our official getBible hash repository and the Bible API for all affected translations. This system has been operating seamlessly for several years.

Once the updates are complete, any application utilizing our Bible API should monitor the hash values at the chapter, book, or translation level. Spotting a change in these values indicates that they should update their respective systems.

Hash values can change due to various reasons, including textual corrections like adding omitted verses, rectifying spelling errors, or addressing any discrepancies flagged by the publishers maintaining the modules at Crosswire.

The Crosswire initiative, also known as the SWORD Project, is the "source of truth" for getBible. Any modifications in the Crosswire modules get reflected in our API within days, ensuring our users access the most precise and current Bible text. We pledge to uphold this standard as long as getBible exists and our build scripts remain operational.

We're united in our mission to preserve the integrity and authenticity of the Bible text. If you have questions or require additional information, please use our support system. We're here to assist and will respond promptly.

Thank you for your understanding and for being an integral part of the getBible community.

Favourite Verse

You should select one of your favourite verses.

This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.

This is currently the active session key.

Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.

1 Konings 1:

Sharing the Word of God with the world.
  • Share Text
    ...
  • Share Link

1 Konings 1:1

Tagging this verse.

The active verse selected text should load here.

Active

Available Tags

Drag and drop the desired tag from the available ones to the active area.

To un-tag a verse, drag and drop the desired tag from active to the available tags area.

Edit Tag

Create Tag

1 Konings 1:1

Notes on this verse.

The active verse selected text should load here.