Skip to main content
  • WORD Research this...
    2 Konings 8
    •   En Elísa het met die vrou gespreek wie se seun hy lewendig gemaak het, en gesê: Maak jou klaar en vertrek, jy met jou huisgesin, en vertoef as vreemdeling waar jy kan vertoef, want die HERE het 'n hongersnood geroep wat ook vir sewe jaar oor die land gekom het.
    •   Die vrou maak haar toe klaar om te doen volgens die woord van die man van God: sy het getrek met haar huisgesin en as vreemdeling sewe jaar lank in die land van die Filistyne vertoef.
    •   En aan die einde van sewe jaar het die vrou uit die land van die Filistyne teruggekom en uitgegaan om 'n beroep te doen op die koning vanweë haar huis en haar grond.
    •   Die koning was juis besig om met Gehási, die dienaar van die man van God, te spreek en te sê: Vertel my tog al die groot dinge wat Elísa gedoen het.
    •   En terwyl hy die koning vertel hoe hy die dooie lewendig gemaak het, roep die vrou wie se seun hy lewendig gemaak het, juis die koning aan vanweë haar huis en haar grond. En Gehási sê: My heer die koning, dít is die vrou, en dít is haar seun wat Elísa lewendig gemaak het.
    •   En die koning het die vrou ondervra, en sy het hom vertel. Toe gee die koning haar 'n sekere hofdienaar en sê: Laat haar alles terugkry wat aan haar behoort, en ook die hele opbrings van die grond, van die dag af dat sy die land verlaat het, tot nou toe.
    •   En Elísa het in Damaskus aangekom, terwyl Bénhadad, die koning van Aram, siek was; en aan hom is meegedeel en gesê: Die man van God het hierheen gekom.
    •   Toe die koning vir Hásael: Neem 'n geskenk in jou hand en gaan die man van God tegemoet en raadpleeg die HERE deur hom en vra: Sal ek van hierdie siekte gesond word?
    •   Daarop het Hásael hom tegemoetgegaan en 'n geskenk in sy hand geneem, naamlik allerhande kosbare goed van Damaskus, 'n vrag vir veertig kamele; en hy het gekom en voor hom gaan staan en gesê: U seun Bénhadad, die koning van Aram, stuur my na u om te vra: Sal ek van hierdie siekte gesond word?
    • 10   En Elísa antwoord hom: Gaan sê: Jy sal sekerlik nie gesond word nie; want die HERE het my laat sien dat hy sekerlik sal sterwe.
    • 11   En hy het sy gesig strak na hom gerig totdat hy verleë was; en die man van God het geween.
    • 12   Toe Hásael: Waarom ween my heer? En hy antwoord: Omdat ek weet watter kwaad jy die kinders van Israel sal aandoen; jy sal hulle vestings aan die brand steek en hulle jongmanne met die swaard ombring en hulle jong kinders verpletter en hulle swanger vroue oopsny.
    • 13   Maar Hásael sê: Wat is u dienaar, die hond, dat hy hierdie groot ding sou doen? En Elísa antwoord: Die HERE het my jou laat sien as koning oor Aram.
    • 14   Daarop het hy van Elísa af weggegaan, en toe hy by sy heer kom, het dié hom gevra: Wat het Elísa vir jou gesê? En hy antwoord: Hy het vir my gesê: U sal sekerlik gesond word.
    • 15   Maar die volgende dag het hy die bedsprei geneem en dit in die water gesteek en oor sy gesig uitgesprei, sodat hy gesterf het; en Hásael het in sy plek koning geword.
    • 16   En in die vyfde jaar van Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, terwyl Jósafat koning was van Juda, het Jehóram, die seun van Jósafat, die koning van Juda, koning geword.
    • 17   Hy was twee en dertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy was agt jaar lank koning in Jerusalem.
    • 18   En hy het gewandel in die weg van die konings van Israel, soos die huis van Agab gedoen het; want hy het die dogter van Agab as vrou gehad en het gedoen wat verkeerd was in die van die HERE.
    • 19   Maar die HERE wou Juda nie vernietig nie ter wille van Dawid, sy kneg, volgens sy belofte aan hom dat Hy hom altyd 'n lamp vir sy seuns sou gee.
    • 20   In sy dae het die Edomiete van Juda afvallig geword en 'n koning oor hulle aangestel.
    • 21   Daarom het Joram oorgetrek na Saïr, en al die strydwaens saam met hom; en toe hy hom in die nag gereedgemaak het, het hy die Edomiete verslaan wat hom omsingel het, saam met die owerstes van die strydwaens; en die manskappe het na hulle tente gevlug.
    • 22   So het die Edomiete dan van Juda afvallig geword tot vandag toe; in dieselfde tyd het Libna afvallig geword.
    • 23   En die verdere geskiedenis van Joram en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
    • 24   En Joram het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Ahásia het in sy plek koning geword.
    • 25   In die twaalfde jaar van Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, het Ahásia, die seun van Jehóram, die koning van Juda, koning geword.
    • 26   Twee en twintig jaar was Ahásia oud toe hy koning geword het, en hy het een jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Atália, die dogter van Omri, die koning van Israel.
    • 27   En hy het gewandel in die weg van die huis van Agab en gedoen wat verkeerd was in die van die HERE, soos die huis van Agab; want hy was verswaer met die huis van Agab.
    • 28   En hy het met Joram, die seun van Agab, in die oorlog saamgetrek by Ramot in Gílead teen Hásael, die koning van Aram; maar die Arameërs het Joram gewond.
    • 29   En koning Joram het teruggegaan om hom in Jísreël te laat genees van die wonde wat die Arameërs hom toegebring het by Rama in die oorlog teen Hásael, die koning van Aram; en Ahásia, die seun van Jehóram, die koning van Juda, het afgekom om Joram, die seun van Agab, in Jísreël te besoek, want hy was siek.
  • King James Version (kjv)
    • Active Persistent Session:

      To use a different persistent session key, simply add it above, and click the button below.

      How This All Works

      Your persistent session key, together with your favourite verse, authenticates you. It links to all your notes and tags in the Bible. You can share it with loved ones so they can see your notes and tags.

      However, to modify your notes and tags, you need both the persistent session key and your favourite verse.

      Please Keep Your Favourite Verse Private

      Your persistent session key and favourite verse provide you exclusive access to edit your notes and tags. Think of your persistent session key as a username and your favourite verse as a password. Therefore, ensure your favourite verse is kept private.

      The persistent session key allows viewing, while editing is only possible when the correct favourite verse is provided.

    • Loading...
  • Ou Vertaling (aov - 1.3.3)

    2009-03-24

    Afrikaans (af)

    1933/1953 Afrikaans Bybel,
    Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
    This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

    • Encoding: UTF-8
    • Direction: LTR
    • LCSH: Bible. Afrikaans.
    • Distribution Abbreviation: aov

    License

    Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire

    Source (OSIS)

    http://www.biblesociety.co.za

    history_1.1
    replaced missing verses
    history_1.2
    unlocked
    history_1.3
    corrected a number of encoding errors
    history_1.3.1
    corrected conf file
    history_1.3.2
    conf file correction
    history_1.3.3
    (2022-08-01) conf file correction

Basic Hash Usage Explained

At getBible, we've established a robust system to keep our API synchronized with the Crosswire project's modules. Let me explain how this integration works in simple terms.

We source our Bible text directly from the Crosswire modules. To monitor any updates, we generate "hash values" for each chapter, book, and translation. These hash values serve as unique identifiers that change only when the underlying content changes, thereby ensuring a tight integration between getBible and the Crosswire modules.

Every month, an automated process runs for approximately three hours. During this window, we fetch the latest Bible text from the Crosswire modules. Subsequently, we compare the new hash values and the text with the previous ones. Any detected changes trigger updates to both our official getBible hash repository and the Bible API for all affected translations. This system has been operating seamlessly for several years.

Once the updates are complete, any application utilizing our Bible API should monitor the hash values at the chapter, book, or translation level. Spotting a change in these values indicates that they should update their respective systems.

Hash values can change due to various reasons, including textual corrections like adding omitted verses, rectifying spelling errors, or addressing any discrepancies flagged by the publishers maintaining the modules at Crosswire.

The Crosswire initiative, also known as the SWORD Project, is the "source of truth" for getBible. Any modifications in the Crosswire modules get reflected in our API within days, ensuring our users access the most precise and current Bible text. We pledge to uphold this standard as long as getBible exists and our build scripts remain operational.

We're united in our mission to preserve the integrity and authenticity of the Bible text. If you have questions or require additional information, please use our support system. We're here to assist and will respond promptly.

Thank you for your understanding and for being an integral part of the getBible community.

Favourite Verse

You should select one of your favourite verses.

This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.

This is currently the active session key.

Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.

2 Konings 8:

Sharing the Word of God with the world.
  • Share Text
    ...
  • Share Link

2 Konings 8:1

Tagging this verse.

The active verse selected text should load here.

Active

Available Tags

Drag and drop the desired tag from the available ones to the active area.

To un-tag a verse, drag and drop the desired tag from active to the available tags area.

Edit Tag

Create Tag

2 Konings 8:1

Notes on this verse.

The active verse selected text should load here.