-
WORD Research this...Exodus 25
- 1 Toe het die HERE met Moses gespreek en gesê:
- 2 Sê aan die kinders van Israel dat hulle aan My 'n offergawe moet bring; van elkeen wie se hart hom aandrywe, moet julle my offergawe bring.
- 3 En dit is die offergawe wat julle van hulle kant moet bring: goud en silwer en koper;
- 4 en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar;
- 5 en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout;
- 6 olie vir die kandelaar, speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye;
- 7 oniksstene en stene om in te lê vir die skouerkleed en die borstas.
- 8 Ook moet hulle vir My 'n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon.
- 9 Volgens alles wat Ek jou laat sien — die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort — so moet julle dit maak.
- 10 Hulle moet dan 'n ark van akasiahout maak. Twee en 'n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte wees.
- 11 En jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en van buite moet jy dit oortrek. En jy moet daaraan 'n goue krans maak rondom.
- 12 En giet daarvoor vier goue ringe, en sit dit aan sy vier voete vas, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant is.
- 13 En maak draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud.
- 14 En steek die draaghoute in die ringe aan weerskante van die ark om die ark daarmee te dra.
- 15 Die draaghoute moet in die ringe van die ark bly; hulle mag daar nie uit weggeneem word nie.
- 16 Daarna moet jy in die ark die Getuienis sit wat Ek aan jou sal gee.
- 17 Maak ook 'n versoendeksel van suiwer goud. Twee en 'n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte wees.
- 18 Maak ook twee gérubs van goud. Van dryfwerk moet jy hulle maak, aan die twee ente van die versoendeksel.
- 19 En maak een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, moet julle die gérubs maak, aan die twee ente.
- 20 En die gérubs moet die vlerke boontoe uitgesprei hou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte moet na mekaar toe wees; die gesigte van die gérubs moet op die versoendeksel gerig wees.
- 21 En sit die versoendeksel bo-op die ark; maar in die ark moet jy die Getuienis neerlê wat Ek aan jou sal gee.
- 22 En daar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af, tussen die twee gérubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel.
- 23 Maak ook 'n tafel van akasiahout. Twee el moet sy lengte, en 'n el sy breedte, anderhalf el sy hoogte wees.
- 24 En trek dit oor met suiwer goud, en maak daarvoor 'n goue krans rondom.
- 25 Maak daarvoor ook 'n lys van 'n handbreed rondom; en maak 'n goue krans vir die lys rondom.
- 26 En maak daar vier goue ringe voor, en sit die ringe vas aan die vier hoeke van die vier pote.
- 27 Naby die lys moet die ringe wees as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.
- 28 En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud; daarmee moet dan die tafel gedra word.
- 29 Maak ook sy skottels en sy rookpanne en sy kanne en sy bekers waarmee gegiet moet word; van suiwer goud moet jy dit maak.
- 30 En op die tafel moet jy altyddeur toonbrood voor my aangesig neersit.
- 31 Maak ook 'n kandelaar van suiwer goud. Van dryfwerk moet die kandelaar, sy voetstuk en sy stam gemaak word; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme moet, daarmee saam, uit een stuk wees.
- 32 En ses arms moet uit die sykante daarvan uitgaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.
- 33 Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, 'n knop en 'n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, 'n knop en 'n blom — so moet dit wees aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.
- 34 Maar aan die kandelaar self moet vier kelkies soos amandelblomme wees, met knoppe en blomme:
- 35 daar moet 'n knop wees onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en 'n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en 'n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan — vir die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.
- 36 Hulle knoppe en hulle arms moet, daarmee saam, uit een stuk wees — alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.
- 37 Jy moet ook sewe lampe daarvoor maak, en hulle moet sy lampe opsteek en die lig daarteenoor laat val aan die voorkant.
- 38 Sy snuiters en sy bakkies moet van suiwer goud wees.
- 39 Van 'n talent suiwer goud moet hulle dit maak — al hierdie voorwerpe.
- 40 En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die berg getoon is.
-
-
King James Version (kjv)
- Afrikaans
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Myanmar Burmse
- Norwegian bokmal
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Thai
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
-
Active Persistent Session:
To use a different persistent session key, simply add it above, and click the button below.
How This All Works
Your persistent session key, together with your favourite verse, authenticates you. It links to all your notes and tags in the Bible. You can share it with loved ones so they can see your notes and tags.
However, to modify your notes and tags, you need both the persistent session key and your favourite verse.
Please Keep Your Favourite Verse Private
Your persistent session key and favourite verse provide you exclusive access to edit your notes and tags. Think of your persistent session key as a username and your favourite verse as a password. Therefore, ensure your favourite verse is kept private.
The persistent session key allows viewing, while editing is only possible when the correct favourite verse is provided.
-
Loading...
-
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction
Basic Hash Usage Explained
At getBible, we've established a robust system to keep our API synchronized with the Crosswire project's modules. Let me explain how this integration works in simple terms.
We source our Bible text directly from the Crosswire modules. To monitor any updates, we generate "hash values" for each chapter, book, and translation. These hash values serve as unique identifiers that change only when the underlying content changes, thereby ensuring a tight integration between getBible and the Crosswire modules.
Every month, an automated process runs for approximately three hours. During this window, we fetch the latest Bible text from the Crosswire modules. Subsequently, we compare the new hash values and the text with the previous ones. Any detected changes trigger updates to both our official getBible hash repository and the Bible API for all affected translations. This system has been operating seamlessly for several years.
Once the updates are complete, any application utilizing our Bible API should monitor the hash values at the chapter, book, or translation level. Spotting a change in these values indicates that they should update their respective systems.
Hash values can change due to various reasons, including textual corrections like adding omitted verses, rectifying spelling errors, or addressing any discrepancies flagged by the publishers maintaining the modules at Crosswire.
The Crosswire initiative, also known as the SWORD Project, is the "source of truth" for getBible. Any modifications in the Crosswire modules get reflected in our API within days, ensuring our users access the most precise and current Bible text. We pledge to uphold this standard as long as getBible exists and our build scripts remain operational.
We're united in our mission to preserve the integrity and authenticity of the Bible text. If you have questions or require additional information, please use our support system. We're here to assist and will respond promptly.
Thank you for your understanding and for being an integral part of the getBible community.
Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.