Skip to main content
  • WORD Research this...
    Esra 8
    •   En dit is hulle familiehoofde, met hulle geslagsregister, wat saam met my onder die regering van koning Artasásta uit Babel opgetrek het:
    •   van die kinders van Pínehas: Gersom; van die kinders van Itamar: Daniël; van die kinders van Dawid: Hattus,
    •   van die kinders van Segánja; van die kinders van Párhos: Sagaría, en saam met hom in die register opgeneem, aan manspersone, honderd en vyftig;
    •   van die kinders van Pahat-Moab: Eljehóënai, die seun van Serágja, en saam met hom twee honderd manspersone;
    •   van die kinders van Sattu: Segánja, die seun van Jahásiël, en saam met hom drie honderd manspersone;
    •   en van die kinders van Adin: Ebed, die seun van Jónatan, en saam met hom vyftig manspersone;
    •   en van die kinders van Elam: Jesaja, die seun van Atálja, en saam met hom sewentig manspersone;
    •   en van die kinders van Sefátja: Sebádja, die seun van Mígael, en saam met hom tagtig manspersone;
    •   van die kinders van Joab: Obádja, die seun van Jéhiël, en saam met hom twee honderd en agttien manspersone;
    • 10   en van die kinders van Bani: Sélomit, die seun van Josífja, en saam met hom honderd en sestig manspersone;
    • 11   en van die kinders van Bébai: Sagaría, die seun van Bébai, en saam met hom agt en twintig manspersone;
    • 12   en van die kinders van Asgad: Jóhanan, die seun van Hakkátan, en saam met hom honderd en tien manspersone;
    • 13   en van die kinders van Adoníkam wat later gekom het, en dit was hulle name: Elifélet, Jeï-el en Semája, en saam met hulle sestig manspersone;
    • 14   en van die kinders van Bigwai: Utai en Sabbud, en saam met hom sewentig manspersone.
    • 15   En ek het hulle versamel by die rivier wat na Ahawa loop, en ons het daar drie dae laer opgeslaan; en ek het op die volk en die priesters ag gegee, maar van die kinders van Levi daar nie aangetref nie.
    • 16   Daarom het ek Eliëser, Ariël, Semája en Élnatan en Jarib en Élnatan en Natan en Sagaría en Mesúllam, die hoofde, en Jójarib en Élnatan, die leraars, gestuur
    • 17   en hulle bevel gegee aan Iddo, die hoof in die plek Kasífja; en ek het die woorde in hulle mond gelê wat hulle met Iddo, en sy broers, die tempelbediendes in die plek Kasífja, moes spreek, dat hulle vir ons dienaars vir die huis van onse God moes bring.
    • 18   En hulle het vir ons, omdat die goeie hand van onse God oor ons was, verstandige manne uit die kinders van Magli, die seun van Levi, die seun van Israel, gebring, naamlik Serébja met sy seuns en sy broers, agttien;
    • 19   en Hasábja, en saam met hom Jesaja, van die kinders van Merári, sy broers en hulle seuns, twintig;
    • 20   en van die tempelbediendes wat Dawid en die owerstes vir die diens van die Leviete gegee het, twee honderd en twintig tempelbediendes wat almal met hulle name aangewys was.
    • 21   Toe het ek daar 'n vastyd uitgeroep aan die rivier Ahawa, om ons te verootmoedig voor die aangesig van onse God ten einde van Hom 'n voorspoedige reis te vra vir ons en ons families en al ons goed.
    • 22   Want ek was skaam om van die koning 'n leër en perderuiters te vra om ons te help teen vyande op die pad, omdat ons met die koning gespreek en gesê het: Die hand van onse God is ten goede oor almal wat Hom soek, maar sy krag en sy toorn oor almal wat Hom verlaat.
    • 23   So het ons dan gevas en onse God dit gevra, en Hy het ons verhoor.
    • 24   Toe het ek van die priesterowerstes twaalf afgesonder: Serébja, Hasábja en tien van hulle broers saam met hulle.
    • 25   En ek het vir hulle die silwer en die goud en die voorwerpe afgeweeg, die offergawe aan die huis van onse God wat die koning en sy raadsmanne en sy vorste en die hele Israel wat aanwesig was, aangebied het.
    • 26   En ek het in hulle hand afgeweeg: ses honderd en vyftig talente silwer en silwervoorwerpe van honderd talente, honderd talente in goud,
    • 27   en twintig goue bekers van duisend darieke en twee mooi goudgeel voorwerpe van koper, kosbaar soos goud.
    • 28   En ek het vir hulle gesê: Julle is heilig aan die HERE, en die voorwerpe is heilig, en die silwer en die goud is 'n vrywillige gawe aan die HERE, die God van julle vaders.
    • 29   Waak daaroor en bewaar dit, totdat julle dit afweeg voor die owerstes van die priesters en die Leviete en die familie-owerstes van Israel in Jerusalem, in die vertrekke van die huis van die HERE.
    • 30   Toe het die priesters en die Leviete die gewig van die silwer en die goud en die voorwerpe ontvang om dit na Jerusalem, na die huis van onse God te bring.
    • 31   Daarna het ons weggetrek van die rivier Ahawa af op die twaalfde van die eerste maand, om na Jerusalem te gaan; en die hand van onse God was oor ons, sodat Hy ons gered het uit die hand van die vyand en die wat ons voorlê op die pad.
    • 32   En ons het in Jerusalem aangekom en daar drie dae gebly.
    • 33   En op die vierde dag is die silwer en die goud en die voorwerpe in die huis van onse God afgeweeg onder bewaring van die priester Méremot, die seun van Uría, en by hom was Eleásar, die seun van Pínehas, en by hulle Jósabad, die seun van Jésua, en Noádja, die seun van Bínnuï, die Leviete
    • 34   volgens getal en gewig van alles; en tegelykertyd is die hele gewig opgeskrywe.
    • 35   Hulle wat uit die gevangenskap gekom het, die seuns van die ballingskap, het brandoffers gebring aan die God van Israel: twaalf bulle vir die hele Israel, ses en negentig ramme, sewe en sewentig lammers, twaalf bokke as sondoffer dit alles as brandoffer aan die HERE.
    • 36   En hulle het die bevelskrifte van die koning gegee aan die landvoogde van die koning en die goewerneurs wes van die Eufraat, en dié het die volk en die huis van God ondersteun.
  • King James Version (kjv)
    • Active Persistent Session:

      To use a different persistent session key, simply add it above, and click the button below.

      How This All Works

      Your persistent session key, together with your favourite verse, authenticates you. It links to all your notes and tags in the Bible. You can share it with loved ones so they can see your notes and tags.

      However, to modify your notes and tags, you need both the persistent session key and your favourite verse.

      Please Keep Your Favourite Verse Private

      Your persistent session key and favourite verse provide you exclusive access to edit your notes and tags. Think of your persistent session key as a username and your favourite verse as a password. Therefore, ensure your favourite verse is kept private.

      The persistent session key allows viewing, while editing is only possible when the correct favourite verse is provided.

    • Loading...
  • Ou Vertaling (aov - 1.3.3)

    2009-03-24

    Afrikaans (af)

    1933/1953 Afrikaans Bybel,
    Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
    This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

    • Encoding: UTF-8
    • Direction: LTR
    • LCSH: Bible. Afrikaans.
    • Distribution Abbreviation: aov

    License

    Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire

    Source (OSIS)

    http://www.biblesociety.co.za

    history_1.1
    replaced missing verses
    history_1.2
    unlocked
    history_1.3
    corrected a number of encoding errors
    history_1.3.1
    corrected conf file
    history_1.3.2
    conf file correction
    history_1.3.3
    (2022-08-01) conf file correction

Basic Hash Usage Explained

At getBible, we've established a robust system to keep our API synchronized with the Crosswire project's modules. Let me explain how this integration works in simple terms.

We source our Bible text directly from the Crosswire modules. To monitor any updates, we generate "hash values" for each chapter, book, and translation. These hash values serve as unique identifiers that change only when the underlying content changes, thereby ensuring a tight integration between getBible and the Crosswire modules.

Every month, an automated process runs for approximately three hours. During this window, we fetch the latest Bible text from the Crosswire modules. Subsequently, we compare the new hash values and the text with the previous ones. Any detected changes trigger updates to both our official getBible hash repository and the Bible API for all affected translations. This system has been operating seamlessly for several years.

Once the updates are complete, any application utilizing our Bible API should monitor the hash values at the chapter, book, or translation level. Spotting a change in these values indicates that they should update their respective systems.

Hash values can change due to various reasons, including textual corrections like adding omitted verses, rectifying spelling errors, or addressing any discrepancies flagged by the publishers maintaining the modules at Crosswire.

The Crosswire initiative, also known as the SWORD Project, is the "source of truth" for getBible. Any modifications in the Crosswire modules get reflected in our API within days, ensuring our users access the most precise and current Bible text. We pledge to uphold this standard as long as getBible exists and our build scripts remain operational.

We're united in our mission to preserve the integrity and authenticity of the Bible text. If you have questions or require additional information, please use our support system. We're here to assist and will respond promptly.

Thank you for your understanding and for being an integral part of the getBible community.

Favourite Verse

You should select one of your favourite verses.

This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.

This is currently the active session key.

Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.

Esra 8:

Sharing the Word of God with the world.
  • Share Text
    ...
  • Share Link

Esra 8:1

Tagging this verse.

The active verse selected text should load here.

Active

Available Tags

Drag and drop the desired tag from the available ones to the active area.

To un-tag a verse, drag and drop the desired tag from active to the available tags area.

Edit Tag

Create Tag

Esra 8:1

Notes on this verse.

The active verse selected text should load here.