Skip to main content
  • WORD Research this...
    Jeremia 25
    •   Die woord wat tot Jeremia gekom het aangaande die hele volk van Juda, in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda dit was die eerste jaar van Nebukadrésar, die koning van Babel
    •   waarmee die profeet Jeremia die hele volk van Juda en al die inwoners van Jerusalem toegespreek en gesê het:
    •   Vanaf die dertiende jaar van Josía, die seun van Amon, die koning van Juda, tot op hierdie dag nou drie en twintig jaar lank het die woord van die HERE tot my gekom; en ek het julle toegespreek, vroeg en laat, maar julle het nie geluister nie.
    •   Ook het die HERE al sy knegte, die profete, na julle gestuur, vroeg en laat maar julle het nie geluister of julle oor geneig om te hoor nie
    •   met die woorde: Bekeer julle tog elkeen van sy verkeerde weg en van die boosheid van julle handelinge, en woon in die land wat die HERE aan julle en julle vaders gegee het, van eeu tot eeu;
    •   en loop nie agter ander gode aan om hulle te dien en julle voor hulle neer te buig nie, en terg My nie met die werk van julle hande nie, dat Ek julle geen kwaad aandoen nie.
    •   Maar julle het na My nie geluister nie, spreek die HERE om My te terg met die werk van julle hande, julle tot skade.
    •   Daarom, so die HERE van die leërskare: Omdat julle na my woorde nie geluister het nie,
    •   laat Ek al die geslagte van die Noorde haal, spreek die HERE, en Nebukadrésar, die koning van Babel, my dienaar; en Ek sal hulle bring oor hierdie land en sy inwoners en oor al hierdie nasies rondom, en Ek sal hulle met die banvloek tref en hulle maak 'n voorwerp van verbasing en van bespotting en ewige puinhope.
    • 10   En Ek sal uit hulle laat verdwyn die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die geluid van die handmeul en die lig van die lamp.
    • 11   En hierdie hele land sal 'n puinhoop, 'n woesteny word; en hierdie nasies sal die koning van Babel sewentig jaar lank dien.
    • 12   En as sewentig jaar vol is, sal Ek oor die koning van Babel en oor dié nasie, spreek die HERE, hulle ongeregtigheid besoek, en oor die land van die Chaldeërs, en sal dit ewige wildernisse maak.
    • 13   En Ek sal oor dié land bring al my woorde wat Ek daaroor gespreek het alles wat geskrywe is in hierdie boek, wat Jeremia geprofeteer het oor al die nasies.
    • 14   Want hulle sal ook diensbaar gemaak word deur magtige nasies en groot konings, en Ek sal hulle vergelde ooreenkomstig hul dade en die werk van hul hande.
    • 15   Want so het die HERE, die God van Israel, vir my gesê: Neem hierdie beker van die wyn van grimmigheid uit my hand en gee dit om te drink aan al die nasies na wie Ek jou stuur,
    • 16   dat hulle kan drink en waggel en rasend word weens die swaard wat Ek onder hulle stuur.
    • 17   En ek het die beker uit die hand van die HERE geneem en al die volke laat drink na wie die HERE my gestuur het;
    • 18   naamlik Jerusalem en die stede van Juda en sy konings en sy vorste, om hulle te maak 'n puinhoop, 'n voorwerp van verbasing, van bespotting en van vervloeking soos dit vandag is;
    • 19   Farao, die koning van Egipte, en sy dienaars en sy vorste en sy hele volk;
    • 20   en die hele gemengde bevolking en al die konings van die land Us; en al die konings van die land van die Filistyne, en Askelon en Gasa en Ekron en die oorblyfsel van Asdod;
    • 21   Edom en Moab en die kinders van Ammon;
    • 22   en al die konings van Tirus en al die konings van Sidon en al die konings van die kusland wat oorkant die see is;
    • 23   Dedan en Tema en Bus en almal wat die rand van hulle hare wegskeer;
    • 24   en al die konings van Arabië en al die konings van die gemengde bevolking wat in die woestyn woon;
    • 25   en al die konings van Simri en al die konings van Elam en al die konings van Médië;
    • 26   en al die konings van die Noorde wat naby en ver is, die een die ander; ja, al die koninkryke van die aarde wat op die aardbodem is. En die koning van Sesag sal hulle drink.
    • 27   En jy moet vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Drink en word dronk en spuug en val neer en staan nie weer op nie weens die swaard wat Ek onder julle stuur.
    • 28   En as hulle weier om die beker uit jou hand te neem om te drink, moet jy vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare: Drink sál julle!
    • 29   Want kyk, in die stad waaroor my Naam uitgeroep is, begin Ek met onheile en sal júlle heeltemal ongestraf bly? Julle sal nie ongestraf bly nie, want Ek roep die swaard op teen al die inwoners van die aarde, spreek die HERE van die leërskare.
    • 30   Jy moet dan al hierdie woorde vir hulle profeteer en aan hulle sê: Die HERE sal brul uit die hoogte en sy stem verhef uit sy heilige woning! Geweldig sal Hy brul oor sy woonplek; soos druiwetrappers sal Hy 'n vreugdegeroep aanhef teen al die inwoners van die aarde.
    • 31   Oorlogsrumoer het gekom tot by die einde van die aarde, want die HERE het 'n twis met die nasies, Hy hou gerig oor alle vlees. Die goddelose aan die swaard het Hy hulle oorgegee, spreek die HERE.
    • 32   So die HERE van die leërskare: Kyk, onheil gaan uit van volk tot volk, en 'n groot storm word opgewek uit die agterhoeke van die aarde.
    • 33   En die wat deur die HERE verslaan is, sal dié dag van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde; hulle sal nie beklaag of versamel of begrawe word nie; hulle sal mis op die aarde wees.
    • 34   Huil, o herders, en skreeu, en wentel julle in die as, julle maghebbers van die kudde; want vol is julle dae om geslag te word, en Ek sal julle verbrysel, en julle sal val soos 'n kosbare voorwerp.
    • 35   Dan sal daar geen toevlug wees vir die herders en geen ontkoming vir die maghebbers van die kudde nie.
    • 36   Hoor! Geskreeu van die herders en gehuil van die maghebbers van die kudde, omdat die HERE hulle kudde verwoes.
    • 37   En die weivelde van vrede word verwoes weens die toorngloed van die HERE.
    • 38   Hy het soos 'n jong leeu sy lêplek verlaat; want hulle land het 'n woesteny geword weens die gewelddadige swaard, ja, weens sy toorngloed.
  • King James Version (kjv)
    • Active Persistent Session:

      To use a different persistent session key, simply add it above, and click the button below.

      How This All Works

      Your persistent session key, together with your favourite verse, authenticates you. It links to all your notes and tags in the Bible. You can share it with loved ones so they can see your notes and tags.

      However, to modify your notes and tags, you need both the persistent session key and your favourite verse.

      Please Keep Your Favourite Verse Private

      Your persistent session key and favourite verse provide you exclusive access to edit your notes and tags. Think of your persistent session key as a username and your favourite verse as a password. Therefore, ensure your favourite verse is kept private.

      The persistent session key allows viewing, while editing is only possible when the correct favourite verse is provided.

    • Loading...
  • Ou Vertaling (aov - 1.3.3)

    2009-03-24

    Afrikaans (af)

    1933/1953 Afrikaans Bybel,
    Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
    This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

    • Encoding: UTF-8
    • Direction: LTR
    • LCSH: Bible. Afrikaans.
    • Distribution Abbreviation: aov

    License

    Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire

    Source (OSIS)

    http://www.biblesociety.co.za

    history_1.1
    replaced missing verses
    history_1.2
    unlocked
    history_1.3
    corrected a number of encoding errors
    history_1.3.1
    corrected conf file
    history_1.3.2
    conf file correction
    history_1.3.3
    (2022-08-01) conf file correction

Basic Hash Usage Explained

At getBible, we've established a robust system to keep our API synchronized with the Crosswire project's modules. Let me explain how this integration works in simple terms.

We source our Bible text directly from the Crosswire modules. To monitor any updates, we generate "hash values" for each chapter, book, and translation. These hash values serve as unique identifiers that change only when the underlying content changes, thereby ensuring a tight integration between getBible and the Crosswire modules.

Every month, an automated process runs for approximately three hours. During this window, we fetch the latest Bible text from the Crosswire modules. Subsequently, we compare the new hash values and the text with the previous ones. Any detected changes trigger updates to both our official getBible hash repository and the Bible API for all affected translations. This system has been operating seamlessly for several years.

Once the updates are complete, any application utilizing our Bible API should monitor the hash values at the chapter, book, or translation level. Spotting a change in these values indicates that they should update their respective systems.

Hash values can change due to various reasons, including textual corrections like adding omitted verses, rectifying spelling errors, or addressing any discrepancies flagged by the publishers maintaining the modules at Crosswire.

The Crosswire initiative, also known as the SWORD Project, is the "source of truth" for getBible. Any modifications in the Crosswire modules get reflected in our API within days, ensuring our users access the most precise and current Bible text. We pledge to uphold this standard as long as getBible exists and our build scripts remain operational.

We're united in our mission to preserve the integrity and authenticity of the Bible text. If you have questions or require additional information, please use our support system. We're here to assist and will respond promptly.

Thank you for your understanding and for being an integral part of the getBible community.

Favourite Verse

You should select one of your favourite verses.

This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.

This is currently the active session key.

Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.

Jeremia 25:

Sharing the Word of God with the world.
  • Share Text
    ...
  • Share Link

Jeremia 25:1

Tagging this verse.

The active verse selected text should load here.

Active

Available Tags

Drag and drop the desired tag from the available ones to the active area.

To un-tag a verse, drag and drop the desired tag from active to the available tags area.

Edit Tag

Create Tag

Jeremia 25:1

Notes on this verse.

The active verse selected text should load here.