-
WORD Research this...Jeremia 40
- 1 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het, nadat Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, hom vrygelaat het uit Rama deur hom te laat haal, terwyl hy met kettings geboei was onder al die gevangenes van Jerusalem en Juda wat in ballingskap weggevoer sou word na Babel toe.
- 2 Die owerste van die lyfwag het naamlik Jeremia laat haal en vir hom gesê: Die HERE jou God het hierdie onheil oor hierdie plek gespreek,
- 3 en die HERE het dit laat kom en gedoen soos Hy gespreek het, omdat julle gesondig het teen die HERE en nie geluister het na sy stem nie; daarom het dit oor julle gekom.
- 4 Nou dan, kyk, ek ontslaan jou vandag uit die kettings wat aan jou hande is; as dit goed is in jou oë om saam met my na Babel te gaan — kom, en ek sal my oog oor jou hou; maar as dit verkeerd is in jou oë om saam met my na Babel te kom, laat dit staan. Kyk, die hele land lê vir jou oop; waar dit goed en reg is in jou oë om te gaan, gaan daarheen.
- 5 En toe hy nog nie omgedraai het nie, sê hy: Gaan dan terug na Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, wat die koning van Babel oor die stede van Juda aangestel het, en woon by hom onder die volk, of gaan waar dit ook al reg is in jou oë om te gaan. Daarop het die owerste van die lyfwag vir hom padkos en 'n geskenk gegee, en hom laat gaan.
- 6 En Jeremia het by Gedálja, die seun van Ahíkam, in Mispa gekom en by hom gewoon onder die volk wat in die land oorgebly het.
- 7 Toe al die owerstes van die leërs wat in die veld was, hulle en hulle manskappe, hoor dat die koning van Babel Gedálja, die seun van Ahíkam, oor die land aangestel het en dat hy aan hom manne en vroue en kinders toevertrou het, en van die arm mense van die land, van die wat nie in ballingskap weggevoer is na Babel nie,
- 8 het hulle na Gedálja gekom in Mispa, naamlik Ismael, die seun van Netánja, en Jóhanan en Jónatan, die seuns van Karéag, en Serája, die seun van Tánhumet, en die seuns van Efai, die Netofatiet, en Jesánja, die seun van die Maägatiet, hulle en hulle manskappe.
- 9 En Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, het vir hulle en hulle manskappe gesweer en gesê: Wees nie bevrees om die Chaldeërs te dien nie; bly in die land en dien die koning van Babel; dan sal dit goed met julle gaan.
- 10 En ek self, kyk, ek woon in Mispa om voor die Chaldeërs te staan wat na ons sal kom. Samel julle dan wyn en somervrugte en olie in en gooi dit in julle bakke, en woon in julle stede wat julle in besit kan neem.
- 11 En ook al die Jode wat in Moab en onder die kinders van Ammon en in Edom en wat in al die lande was, het gehoor dat die koning van Babel vir Juda 'n oorblyfsel nagelaat het; en dat hy Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, oor hulle aangestel het;
- 12 daarom het al die Jode teruggekom uit al die plekke waarheen hulle verdryf was, en in die land Juda na Gedálja gekom, in Mispa; en hulle het groot hoeveelhede wyn en somervrugte ingesamel.
- 13 Maar Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs wat in die veld was, het na Gedálja gekom in Mispa
- 14 en vir hom gesê: Weet u wel dat Báälis, die koning van die kinders van Ammon, Ismael, die seun van Netánja, gestuur het om u dood te slaan? Maar Gedálja, die seun van Ahíkam, het hulle nie geglo nie.
- 15 Toe het Jóhanan, die seun van Karéag, in die geheim met Gedálja in Mispa gespreek en gesê: Laat my tog gaan en Ismael, die seun van Netánja, verslaan sonder dat iemand dit weet. Waarom sou hy u doodslaan en die hele Juda wat by u versamel is, verstrooi word en die oorblyfsel van Juda tot niet gaan?
- 16 Maar Gedálja, die seun van Ahíkam, het vir Jóhanan, die seun van Karéag gesê: Doen hierdie ding nie, want jy spreek onwaarheid van Ismael.
-
-
King James Version (kjv)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
-
Active Persistent Session:
To use a different persistent session key, simply add it above, and click the button below.
How This All Works
Your persistent session key, together with your favourite verse, authenticates you. It links to all your notes and tags in the Bible. You can share it with loved ones so they can see your notes and tags.
However, to modify your notes and tags, you need both the persistent session key and your favourite verse.
Please Keep Your Favourite Verse Private
Your persistent session key and favourite verse provide you exclusive access to edit your notes and tags. Think of your persistent session key as a username and your favourite verse as a password. Therefore, ensure your favourite verse is kept private.
The persistent session key allows viewing, while editing is only possible when the correct favourite verse is provided.
-
Loading...
-
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction
Basic Hash Usage Explained
At getBible, we've established a robust system to keep our API synchronized with the Crosswire project's modules. Let me explain how this integration works in simple terms.
We source our Bible text directly from the Crosswire modules. To monitor any updates, we generate "hash values" for each chapter, book, and translation. These hash values serve as unique identifiers that change only when the underlying content changes, thereby ensuring a tight integration between getBible and the Crosswire modules.
Every month, an automated process runs for approximately three hours. During this window, we fetch the latest Bible text from the Crosswire modules. Subsequently, we compare the new hash values and the text with the previous ones. Any detected changes trigger updates to both our official getBible hash repository and the Bible API for all affected translations. This system has been operating seamlessly for several years.
Once the updates are complete, any application utilizing our Bible API should monitor the hash values at the chapter, book, or translation level. Spotting a change in these values indicates that they should update their respective systems.
Hash values can change due to various reasons, including textual corrections like adding omitted verses, rectifying spelling errors, or addressing any discrepancies flagged by the publishers maintaining the modules at Crosswire.
The Crosswire initiative, also known as the SWORD Project, is the "source of truth" for getBible. Any modifications in the Crosswire modules get reflected in our API within days, ensuring our users access the most precise and current Bible text. We pledge to uphold this standard as long as getBible exists and our build scripts remain operational.
We're united in our mission to preserve the integrity and authenticity of the Bible text. If you have questions or require additional information, please use our support system. We're here to assist and will respond promptly.
Thank you for your understanding and for being an integral part of the getBible community.
Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.