Skip to main content
  • WORD Research this...
    Numeri 3
    •   En dit is die nakomelinge van Aäron en Moses op die dag toe die HERE met Moses op die berg Sinai gespreek het.
    •   En dit is die name van die seuns van Aäron: die eersgeborene Nadab, daarna Abíhu, Eleásar en Itamar.
    •   Dit is die name van die seuns van Aäron, die gesalfde priesters, wat hy aangestel het om die priesteramp te bedien.
    •   Maar Nadab en Abíhu het gesterwe voor die aangesig van die HERE toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van die HERE in die woestyn Sinai gebring het, en hulle het geen kinders gehad nie; maar Eleásar en Itamar het die priesteramp bedien voor die van hulle vader Aäron.
    •   En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
    •   Laat die stam van Levi nader kom, en stel hulle voor die priester Aäron, dat hulle hom kan dien.
    •   En hulle moet sy diens waarneem en die diens van die hele vergadering voor die tent van samekoms, om die dienswerk van die tabernakel te verrig.
    •   En hulle moet sorg vir al die gereedskap van die tent van samekoms en vir die diens van die kinders van Israel, om die dienswerk van die tabernakel te verrig.
    •   En jy moet die Leviete aan Aäron en sy seuns gee; hulle is heeltemal aan hom gegee uit die kinders van Israel.
    • 10   Maar Aäron en sy seuns moet jy aanstel, dat hulle hul priesteramp kan waarneem; en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.
    • 11   En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
    • 12   Kyk, Ek self het die Leviete geneem onder die kinders van Israel uit in die plek van al die eersgeborenes wat die moederskoot open, uit die kinders van Israel, dat die Leviete myne kan wees.
    • 13   Want al die eersgeborenes is myne: op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek al die eersgeborenes in Israel vir My geheilig, mense sowel as diere; hulle moet myne wees. Ek is die HERE.
    • 14   En die HERE het met Moses gespreek in die woestyn Sinai en gesê:
    • 15   Tel die seuns van Levi volgens hulle families, volgens hulle geslagte; almal wat manlik is, van 'n maand oud en daarbo dié moet jy tel.
    • 16   En Moses het hulle volgens die bevel van die HERE getel soos dit hom beveel is.
    • 17   En dit was die seuns van Levi volgens hulle name: Gerson en Kehat en Merári.
    • 18   En dit is die name van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte: Libni en Símeï.
    • 19   En die seuns van Kehat volgens hulle geslagte: Amram en Jishar, Hebron en Ussiël.
    • 20   En die seuns van Merári volgens hulle geslagte: Magli en Musi. Dit is die geslagte van die Leviete volgens hulle families.
    • 21   Aan Gerson behoort die geslag van die Libniete en die geslag van die Simeïete. Dit is die geslagte van die Gersoniete.
    • 22   Hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik was, van 'n maand oud en daarbo húlle geteldes was sewe duisend vyf honderd.
    • 23   Die geslagte van die Gersoniete moet laer opslaan agter die tabernakel aan die westekant.
    • 24   En owerste oor die familie van die Gersoniete moet Éljasaf, die seun van Lael, wees.
    • 25   En die seuns van Gerson moet by die tent van samekoms versorg: die tabernakel en die tent, sy dekkleed en die bedekking vir die ingang van die tent van samekoms;
    • 26   en die behangsels van die voorhof en die bedekking vir die ingang van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, en sy lyne alles wat by sy bediening behoort.
    • 27   En aan Kehat het behoort die geslag van die Amramiete en die geslag van die Jishariete en die geslag van die Hebroniete en die geslag van die Ussiëliete. Dit is die geslagte van die Kehatiete.
    • 28   Volgens die getal van almal wat manlik is, van 'n maand oud en daarbo, was daar agt duisend ses honderd wat die diens van die heiligdom waargeneem het.
    • 29   Die geslagte van die seuns van Kehat moet laer opslaan aan die kant van die tabernakel, aan die suidekant.
    • 30   En owerste oor die familie vir die geslagte van die Kehatiete moet wees Elísafan, die seun van Ussiël.
    • 31   En hulle moet versorg: die ark en die tafel en die kandelaar en die altare en die gereedskap van die heiligdom waarmee hulle diens doen, en die voorhangsel en alles wat by die bediening daarvan behoort.
    • 32   En die hoof van die owerstes van Levi moet wees Eleásar, die seun van Aäron, die priester, die opsigter oor die wat die diens van die heiligdom waarneem.
    • 33   Aan Merári het behoort die geslag van die Magliete en die geslag van die Musiete. Dit is die geslagte van Merári.
    • 34   En hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik is, van 'n maand oud en daarbo, was ses duisend twee honderd.
    • 35   En die owerste van die familie vir die geslagte van Merári moet wees Súriël, die seun van Abihail; hulle moet laer opslaan aan die kant van die tabernakel, aan die noordekant.
    • 36   En die toesig van die seuns van Merári wat hulle te besorg het moet wees oor die style van die tabernakel en sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke en al die gereedskap sowel as die hele diens wat daarby behoort;
    • 37   en die pilare van die voorhof rondom en hulle voetstukke en hulle penne en hulle lyne.
    • 38   En die wat voor die tabernakel laer opslaan, aan die oostekant, voor die tent van samekoms, teen sonop, moet wees Moses en Aäron met sy seuns wat die diens van die heiligdom waarneem, naamlik die diens vir die kinders van Israel; en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.
    • 39   Al die geteldes van die Leviete wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE, volgens hulle geslagte getel het, almal wat manlik was, van 'n maand oud en daarbo, was twee en twintig duisend.
    • 40   En die HERE het aan Moses gesê: Tel al die manlike eersgeborenes van die kinders van Israel, van 'n maand oud en daarbo, en neem die getal van hulle name op.
    • 41   En jy moet vir My Ek is die HERE die Leviete neem in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die kinders van Israel.
    • 42   En Moses het, soos die HERE hom beveel het, al die eersgeborenes onder die kinders van Israel getel.
    • 43   En al die manlike eersgeborenes volgens die getal name, van 'n maand oud en daarbo, volgens hulle geteldes, was twee en twintig duisend twee honderd drie en sewentig.
    • 44   En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
    • 45   Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee, sodat die Leviete myne kan wees. Ek is die HERE.
    • 46   Wat aangaan die loskoping van die twee honderd drie en sewentig wat oor is bo die Leviete, uit die eersgeborenes van die kinders van Israel,
    • 47   moet jy per hoof vyf sikkels neem; volgens die sikkel van die heiligdom moet jy dit neem; die sikkel is twintig gera.
    • 48   En jy moet die geld as losprys van die wat onder hulle oor is, aan Aäron en sy seuns gee.
    • 49   Daarop het Moses die loskoopgeld geneem van die wat oor was bo die wat deur die Leviete losgekoop was;
    • 50   van die eersgeborenes van die kinders van Israel het hy die geld geneem, duisend drie honderd vyf en sestig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom.
    • 51   En Moses het die loskoopgeld aan Aäron en sy seuns gegee volgens die bevel van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
  • King James Version (kjv)
    • Active Persistent Session:

      To use a different persistent session key, simply add it above, and click the button below.

      How This All Works

      Your persistent session key, together with your favourite verse, authenticates you. It links to all your notes and tags in the Bible. You can share it with loved ones so they can see your notes and tags.

      However, to modify your notes and tags, you need both the persistent session key and your favourite verse.

      Please Keep Your Favourite Verse Private

      Your persistent session key and favourite verse provide you exclusive access to edit your notes and tags. Think of your persistent session key as a username and your favourite verse as a password. Therefore, ensure your favourite verse is kept private.

      The persistent session key allows viewing, while editing is only possible when the correct favourite verse is provided.

    • Loading...
  • Ou Vertaling (aov - 1.3.3)

    2009-03-24

    Afrikaans (af)

    1933/1953 Afrikaans Bybel,
    Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
    This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

    • Encoding: UTF-8
    • Direction: LTR
    • LCSH: Bible. Afrikaans.
    • Distribution Abbreviation: aov

    License

    Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire

    Source (OSIS)

    http://www.biblesociety.co.za

    history_1.1
    replaced missing verses
    history_1.2
    unlocked
    history_1.3
    corrected a number of encoding errors
    history_1.3.1
    corrected conf file
    history_1.3.2
    conf file correction
    history_1.3.3
    (2022-08-01) conf file correction

Basic Hash Usage Explained

At getBible, we've established a robust system to keep our API synchronized with the Crosswire project's modules. Let me explain how this integration works in simple terms.

We source our Bible text directly from the Crosswire modules. To monitor any updates, we generate "hash values" for each chapter, book, and translation. These hash values serve as unique identifiers that change only when the underlying content changes, thereby ensuring a tight integration between getBible and the Crosswire modules.

Every month, an automated process runs for approximately three hours. During this window, we fetch the latest Bible text from the Crosswire modules. Subsequently, we compare the new hash values and the text with the previous ones. Any detected changes trigger updates to both our official getBible hash repository and the Bible API for all affected translations. This system has been operating seamlessly for several years.

Once the updates are complete, any application utilizing our Bible API should monitor the hash values at the chapter, book, or translation level. Spotting a change in these values indicates that they should update their respective systems.

Hash values can change due to various reasons, including textual corrections like adding omitted verses, rectifying spelling errors, or addressing any discrepancies flagged by the publishers maintaining the modules at Crosswire.

The Crosswire initiative, also known as the SWORD Project, is the "source of truth" for getBible. Any modifications in the Crosswire modules get reflected in our API within days, ensuring our users access the most precise and current Bible text. We pledge to uphold this standard as long as getBible exists and our build scripts remain operational.

We're united in our mission to preserve the integrity and authenticity of the Bible text. If you have questions or require additional information, please use our support system. We're here to assist and will respond promptly.

Thank you for your understanding and for being an integral part of the getBible community.

Favourite Verse

You should select one of your favourite verses.

This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.

This is currently the active session key.

Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.

Numeri 3:

Sharing the Word of God with the world.
  • Share Text
    ...
  • Share Link

Numeri 3:1

Tagging this verse.

The active verse selected text should load here.

Active

Available Tags

Drag and drop the desired tag from the available ones to the active area.

To un-tag a verse, drag and drop the desired tag from active to the available tags area.

Edit Tag

Create Tag

Numeri 3:1

Notes on this verse.

The active verse selected text should load here.