-
WORD Research this...Numeri 35
- 1 En die HERE het met Moses gespreek in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesê:
- 2 Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle aan die Leviete van hulle erflike besitting stede gee om te bewoon; ook moet julle weiveld rondom die stede aan die Leviete gee.
- 3 En die stede moet vir hulle dien om te bewoon; maar die weiveld wat daarby behoort, moet vir hulle diere en hulle besitting en al hulle lewende hawe wees.
- 4 En die weiveld van die stede wat julle aan die Leviete gee, moet van die stadsmuur af buitentoe duisend el rondom wees.
- 5 En julle moet buitekant die stad meet: aan die oostekant twee duisend el en aan die suidekant twee duisend el en aan die westekant twee duisend el en aan die noordekant twee duisend el, en die stad in die middel. Dit moet vir hulle as weiveld van die stede dien.
- 6 En die stede wat julle aan die Leviete gee, moet die ses vrystede wees wat julle moet gee, dat die een wat 'n doodslag begaan het, daarheen kan vlug; en daarby moet julle twee en veertig stede gee.
- 7 Al die stede wat julle aan die Leviete gee, moet wees agt en veertig stede, hulle saam met hul weiveld.
- 8 En wat die stede betref wat julle uit die besitting van die kinders van Israel gee — julle moet van die wat baie is, baie neem, en van die wat min is, min neem; elke stam moet van sy stede aan die Leviete gee volgens die erfdeel wat elkeen gaan kry.
- 9 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
- 10 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle deur die Jordaan na die land Kanaän trek,
- 11 moet julle gunstig geleë stede vir julle uitsoek; as vrystede moet hulle vir julle dien, dat die een wat 'n doodslag begaan het, een wat per ongeluk 'n mens doodgeslaan het, daarheen kan vlug.
- 12 En die stede moet vir julle as toevlug dien vanweë die bloedwreker, sodat hy wat 'n doodslag begaan het, nie sterwe voordat hy voor die vergadering gestaan het om geoordeel te word nie.
- 13 En die stede wat julle gee, moet vir julle, ses in getal, as vrystede dien.
- 14 Drie van die stede moet julle oos van die Jordaan gee, en drie daarvan moet julle in die land Kanaän gee; vrystede moet hulle wees.
- 15 Vir die kinders van Israel en die vreemdeling en die bywoner onder hulle moet hierdie ses stede as toevlug dien, sodat elkeen daarheen kan vlug wat per ongeluk 'n mens doodgeslaan het.
- 16 Maar as hy hom slaan met 'n ystervoorwerp, sodat hy sterwe, dan is hy 'n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.
- 17 En as hy hom slaan met 'n klip in die hand — waardeur iemand kan sterwe — en hy sterwe, dan is hy 'n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.
- 18 Of as hy hom slaan met 'n houtvoorwerp in die hand — waardeur iemand kan sterwe — en hy sterwe, dan is hy 'n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.
- 19 Die bloedwreker, hy moet die moordenaar doodmaak; as hy hom kry, moet hy hom doodmaak.
- 20 En as hy hom uit haat stamp of met opset na hom gooi, sodat hy sterwe,
- 21 of hom uit vyandskap met sy hand slaan, sodat hy sterwe, dan moet hy wat geslaan het, sekerlik gedood word; hy is 'n moordenaar; die bloedwreker moet die moordenaar doodmaak as hy hom kry.
- 22 Maar as hy hom onvoorsiens, sonder vyandskap, stamp of enigiets sonder opset na hom gooi;
- 23 of as hy enige klip waardeur iemand kan sterwe — as hy, sonder om dit te sien, dit op hom laat val, sodat hy sterwe, terwyl hy geen vyand van hom was en sy onheil nie gesoek het nie,
- 24 dan moet die vergadering tussen hom wat doodgeslaan het, en die bloedwreker oordeel volgens hierdie voorskrifte.
- 25 En die vergadering moet hom wat 'n doodslag begaan het, red uit die hand van die bloedwreker, en die vergadering moet hom laat teruggaan na sy vrystad waarheen hy gevlug het; en hy moet daarin bly tot die dood van die hoëpriester wat met die heilige olie gesalf is.
- 26 Maar as hy wat 'n doodslag begaan het, ooit buitekant die grens van sy vrystad gaan waarheen hy moes vlug,
- 27 en die bloedwreker hom buitekant die grens van sy vrystad kry, en die bloedwreker hom doodslaan wat 'n doodslag begaan het, dan sal daar vir hom geen bloedskuld wees nie.
- 28 Want hy moet in sy vrystad bly tot die dood van die hoëpriester; maar ná die dood van die hoëpriester mag die een wat 'n doodslag begaan het, teruggaan na die land waar sy besitting lê.
- 29 En dit moet vir julle 'n regsinsetting wees in julle geslagte, in al julle woonplekke.
- 30 As iemand 'n mens doodslaan, moet die moordenaar op verklaring van getuies gedood word; maar een getuie is nie genoegsaam om iemand tot die dood te veroordeel nie.
- 31 Maar julle mag geen losgeld aanneem vir die lewe van 'n moordenaar wat skuldig is om te sterwe nie, want hy moet sekerlik gedood word.
- 32 Ook mag julle geen geld aanneem om iemand vry te stel van die vlug na sy vrystad — sodat hy kan teruggaan om in die land te woon — tot op die dood van die hoëpriester nie.
- 33 En julle mag die land nie ontheilig waar julle in is nie; want die bloed ontheilig die land, en vir die land word geen versoening gedoen vir die bloed wat daarin vergiet is nie, as net deur die bloed van hom wat dit vergiet het.
- 34 En jy mag die land waar julle in woon, nie verontreinig nie, omdat Ek daarin woon; want Ek, die HERE, woon in die midde van die kinders van Israel.
-
-
King James Version (kjv)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
-
Active Persistent Session:
To use a different persistent session key, simply add it above, and click the button below.
How This All Works
Your persistent session key, together with your favourite verse, authenticates you. It links to all your notes and tags in the Bible. You can share it with loved ones so they can see your notes and tags.
However, to modify your notes and tags, you need both the persistent session key and your favourite verse.
Please Keep Your Favourite Verse Private
Your persistent session key and favourite verse provide you exclusive access to edit your notes and tags. Think of your persistent session key as a username and your favourite verse as a password. Therefore, ensure your favourite verse is kept private.
The persistent session key allows viewing, while editing is only possible when the correct favourite verse is provided.
-
Loading...
-
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction
Basic Hash Usage Explained
At getBible, we've established a robust system to keep our API synchronized with the Crosswire project's modules. Let me explain how this integration works in simple terms.
We source our Bible text directly from the Crosswire modules. To monitor any updates, we generate "hash values" for each chapter, book, and translation. These hash values serve as unique identifiers that change only when the underlying content changes, thereby ensuring a tight integration between getBible and the Crosswire modules.
Every month, an automated process runs for approximately three hours. During this window, we fetch the latest Bible text from the Crosswire modules. Subsequently, we compare the new hash values and the text with the previous ones. Any detected changes trigger updates to both our official getBible hash repository and the Bible API for all affected translations. This system has been operating seamlessly for several years.
Once the updates are complete, any application utilizing our Bible API should monitor the hash values at the chapter, book, or translation level. Spotting a change in these values indicates that they should update their respective systems.
Hash values can change due to various reasons, including textual corrections like adding omitted verses, rectifying spelling errors, or addressing any discrepancies flagged by the publishers maintaining the modules at Crosswire.
The Crosswire initiative, also known as the SWORD Project, is the "source of truth" for getBible. Any modifications in the Crosswire modules get reflected in our API within days, ensuring our users access the most precise and current Bible text. We pledge to uphold this standard as long as getBible exists and our build scripts remain operational.
We're united in our mission to preserve the integrity and authenticity of the Bible text. If you have questions or require additional information, please use our support system. We're here to assist and will respond promptly.
Thank you for your understanding and for being an integral part of the getBible community.
Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.