Skip to main content
  • WORD Research this...
    1 Samuel 25
    •   En Samuel het gesterwe, en die hele Israel het saamgekom en oor hom gerouklaag en hom begrawe in sy huis in Rama. En Dawid het hom klaargemaak en afgetrek na die woestyn Paran.
    •   En daar was 'n man in Maon wat sy boerdery in Karmel gehad het, en die man was baie vermoënd: hy het drie duisend skape en duisend bokke gehad, en hy was besig om sy skape te skeer in Karmel.
    •   En die naam van die man was Nabal, en die naam van sy vrou Abígail; en die vrou het 'n goeie verstand gehad en was mooi van aansien; maar die man was grof en boosaardig, en hy was 'n Kalebiet.
    •   Toe Dawid in die woestyn hoor dat Nabal sy skape skeer,
    •   stuur Dawid tien jongmanne, en Dawid aan die jongmanne: Trek op na Karmel en gaan by Nabal in en vra hom in my naam na die welstand;
    •   en so moet julle aan die welvarende sê: Mag dit goed gaan met u sowel as met u huis, en goed gaan met alles wat u besit.
    •   En nou, ek het gehoor dat u skeerders het; nou ja, u wagters was met ons saam; ons het hulle nie beledig nie, en hulle het ook niks vermis al die dae wat hulle in Karmel was nie.
    •   Vra u dienaars, en hulle sal u dit te kenne gee; laat dus die jongmanne guns vind in u oë, want ons het op 'n vrolike dag gekom; gee tog wat u byderhand het aan u dienaars en aan u seun Dawid.
    •   Toe het die jongmanne van Dawid gekom en met Nabal in naam van Dawid volgens al hierdie woorde gespreek en verder afgewag.
    • 10   Maar Nabal het die dienaars van Dawid geantwoord en gesê: Wie is Dawid? En wie is die seun van Isai? Daar is vandag baie dienaars wat hulle losskeur, elkeen van sy heer af.
    • 11   Sou ek dan my brood en my water en my slaggoed wat ek vir my skeerders geslag het, neem en aan manne gee van wie ek nie weet waar hulle vandaan kom nie?
    • 12   Daarop het die jongmanne van Dawid omgedraai op hulle pad, hulle het teruggekeer en aangekom en hom berig gebring volgens al hierdie woorde.
    • 13   Toe Dawid aan sy manne: Gord julle elkeen sy swaard aan! Hulle gord toe elkeen sy swaard aan Dawid het ook sy swaard aangegord en hulle trek agter Dawid op, omtrent vier honderd man, terwyl twee honderd by die pakgoed bly.
    • 14   Maar aan Abígail, die vrou van Nabal, het een van die jongmanne berig gebring en gesê: Kyk, Dawid het boodskappers uit die woestyn gestuur om ons heer te begroet, maar hy het teen hulle uitgevaar.
    • 15   Tog was die manne vir ons baie goed; ook is ons nie beledig nie, en ons het niks vermis al die dae wat ons saam met hulle rondgetrek het toe ons in die veld was nie.
    • 16   Hulle was 'n muur om ons, snags sowel as bedags, al die dae wat ons die skape by hulle opgepas het.
    • 17   En nou moet u self ondersoek en kyk wat u moet doen; want die onheil is vas besluit oor ons heer en oor sy hele huis; maar hy self is so 'n deugniet dat jy nie met hom kan praat nie.
    • 18   Toe het Abígail gou twee honderd brode geneem en twee sakke wyn en vyf toebereide skape en vyf mate gebraaide koring en honderd rosynekoeke en twee honderd vyekoeke en dit op esels gesit.
    • 19   En sy het aan haar jongmanne gesê: Trek voor my uit; kyk, ek kom dadelik agter julle aan. Maar aan haar man Nabal het sy niks te kenne gegee nie.
    • 20   En terwyl sy op die esel ry en in 'n kloof van die berg afdaal, kom Dawid en sy manne meteens af haar tegemoet, sodat sy hulle teëgekom het.
    • 21   Dawid het al gedink: Net verniet het ek alles wat aan hierdie man behoort, in die woestyn beskerm, sodat daar nooit iets van sy goed vermis is nie; en hy vergeld my kwaad vir goed.
    • 22   Mag God so aan die vyande van Dawid doen en so daaraan toedoen, as ek van almal wat aan hom behoort, tot môre een laat oorbly wat manlik is.
    • 23   Toe Abígail Dawid sien, het sy gou van die esel afgeklim en voor Dawid op haar aangesig neergeval en na die aarde toe gebuig.
    • 24   En sy het voor sy voete neergeval en gesê: Op my, my heer, rus die skuld, maar laat u dienares tog voor u ore mag spreek, en luister na die woorde van u dienares.
    • 25   My heer moet hom tog nie steur aan daardie deugniet van 'n man, aan Nabal nie; want soos sy naam is, so is hy; sy naam beteken dwaas, en dwaasheid is by hom. Maar wat my betref, u dienares het my heer se jongmanne wat u gestuur het, nie gesien nie.
    • 26   En nou, my heer, so waar as die HERE leef en u siel leef, dit is die HERE wat u teruggehou het om in bloedskuld te geraak en u met eie hand te help; mag dan nou u vyande en die wat onheil soek teen my heer, soos Nabal word.
    • 27   En laat nou hierdie geskenk wat u dienares vir my heer gebring het, aan die jongmanne gegee word wat op my heer se voetspore rondtrek.
    • 28   Vergeef tog die oortreding van u dienares, want die HERE sal sekerlik vir my heer 'n bestendige huis stig, omdat my heer die oorloë van die HERE voer en in u hele lewe in u geen kwaad gevind is nie.
    • 29   As 'n mens opstaan om u te agtervolg en u lewe te soek, mag die siel van my heer dan saamgebind wees in die bondeltjie van die lewendes by die HERE u God; maar mag Hy die siel van u vyande uit die holte van die slinger wegslinger.
    • 30   En as die HERE aan my heer sal doen volgens al die goeie wat Hy aan u beloof het, en u aanstel as vors oor Israel,
    • 31   dan sal daar vir u geen struikelblok en vir my heer geen gewetenswroeging wees dat u sonder oorsaak bloed vergiet het en my heer homself hulp verskaf het nie; en as die HERE goed sal doen aan my heer, moet u aan u dienares dink.
    • 32   Toe Dawid vir Abígail: Geseënd is die HERE, die God van Israel, wat jou vandag my tegemoet gestuur het!
    • 33   En geseënd jou verstandigheid en geseënd jy self wat my vandag teëgehou het om in bloedskuld te geraak en my met eie hand te help.
    • 34   Maar so waar as die HERE, die God van Israel, leef wat my verhinder het om aan jou kwaad te doen as jy my nie gou tegemoetgekom het nie, voorwaar, daar sou van Nabal niemand wat manlik is, tot die môrelig oorgebly het nie!
    • 35   En Dawid het uit haar hand aangeneem wat sy vir hom gebring het, en vir haar gesê: Gaan op in vrede na jou huis! Kyk, ek het na jou geluister en jou in guns aangeneem.
    • 36   Toe Abígail by Nabal kom, het hy juis 'n maaltyd in sy huis aangerig soos die maaltyd van 'n koning; en Nabal se hart was vrolik in hom, en hy was baie dronk; daarom het sy hom niks, klein of groot, meegedeel totdat dit die môre lig word nie.
    • 37   Maar die môre vroeg toe die wyn Nabal verlaat het, deel sy vrou hom dié dinge mee. Daarop het sy hart in sy binneste gesterwe en was hy soos 'n klip.
    • 38   En omtrent tien dae het die HERE Nabal getref, sodat hy gesterf het.
    • 39   Toe Dawid hoor dat Nabal dood was, hy: Geseënd is die HERE wat die regsaak, in die smaad my aangedoen, teen Nabal verdedig het en sy kneg teruggehou het van die kwaad, terwyl die HERE die kwaad van Nabal op sy eie hoof laat neerkom het. En Dawid het by Abígail aansoek laat doen om haar vir hom as vrou te neem.
    • 40   Toe het die dienaars van Dawid by Abígail gekom in Karmel en met haar gespreek en gesê: Dawid stuur ons na u om u vir hom as vrou te neem.
    • 41   En sy het opgestaan en met haar aangesig na die aarde gebuig en gesê: Hier is u dienares as slavin om die voete van my heer se dienaars te was.
    • 42   Abígail maak toe gou klaar, en sy het op die esel gery met haar vyf diensmeisies wat op haar voetspoor volg, en agter die boodskappers van Dawid aangegaan. En sy het sy vrou geword.
    • 43   Dawid het ook Ahínoam uit Jísreël geneem, sodat hulle altwee sy vroue geword het.
    • 44   Maar Saul het sy dogter Migal, die vrou van Dawid, gegee aan Palti, die seun van Lais, wat uit Gallim was.
  • King James Version (kjv)
    • Active Persistent Session:

      To use a different persistent session key, simply add it above, and click the button below.

      How This All Works

      Your persistent session key, together with your favourite verse, authenticates you. It links to all your notes and tags in the Bible. You can share it with loved ones so they can see your notes and tags.

      However, to modify your notes and tags, you need both the persistent session key and your favourite verse.

      Please Keep Your Favourite Verse Private

      Your persistent session key and favourite verse provide you exclusive access to edit your notes and tags. Think of your persistent session key as a username and your favourite verse as a password. Therefore, ensure your favourite verse is kept private.

      The persistent session key allows viewing, while editing is only possible when the correct favourite verse is provided.

    • Loading...
  • Ou Vertaling (aov - 1.3.3)

    2009-03-24

    Afrikaans (af)

    1933/1953 Afrikaans Bybel,
    Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
    This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

    • Encoding: UTF-8
    • Direction: LTR
    • LCSH: Bible. Afrikaans.
    • Distribution Abbreviation: aov

    License

    Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire

    Source (OSIS)

    http://www.biblesociety.co.za

    history_1.1
    replaced missing verses
    history_1.2
    unlocked
    history_1.3
    corrected a number of encoding errors
    history_1.3.1
    corrected conf file
    history_1.3.2
    conf file correction
    history_1.3.3
    (2022-08-01) conf file correction

Basic Hash Usage Explained

At getBible, we've established a robust system to keep our API synchronized with the Crosswire project's modules. Let me explain how this integration works in simple terms.

We source our Bible text directly from the Crosswire modules. To monitor any updates, we generate "hash values" for each chapter, book, and translation. These hash values serve as unique identifiers that change only when the underlying content changes, thereby ensuring a tight integration between getBible and the Crosswire modules.

Every month, an automated process runs for approximately three hours. During this window, we fetch the latest Bible text from the Crosswire modules. Subsequently, we compare the new hash values and the text with the previous ones. Any detected changes trigger updates to both our official getBible hash repository and the Bible API for all affected translations. This system has been operating seamlessly for several years.

Once the updates are complete, any application utilizing our Bible API should monitor the hash values at the chapter, book, or translation level. Spotting a change in these values indicates that they should update their respective systems.

Hash values can change due to various reasons, including textual corrections like adding omitted verses, rectifying spelling errors, or addressing any discrepancies flagged by the publishers maintaining the modules at Crosswire.

The Crosswire initiative, also known as the SWORD Project, is the "source of truth" for getBible. Any modifications in the Crosswire modules get reflected in our API within days, ensuring our users access the most precise and current Bible text. We pledge to uphold this standard as long as getBible exists and our build scripts remain operational.

We're united in our mission to preserve the integrity and authenticity of the Bible text. If you have questions or require additional information, please use our support system. We're here to assist and will respond promptly.

Thank you for your understanding and for being an integral part of the getBible community.

Favourite Verse

You should select one of your favourite verses.

This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.

This is currently the active session key.

Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.

1 Samuel 25:

Sharing the Word of God with the world.
  • Share Text
    ...
  • Share Link

1 Samuel 25:1

Tagging this verse.

The active verse selected text should load here.

Active

Available Tags

Drag and drop the desired tag from the available ones to the active area.

To un-tag a verse, drag and drop the desired tag from active to the available tags area.

Edit Tag

Create Tag

1 Samuel 25:1

Notes on this verse.

The active verse selected text should load here.