Skip to main content
  • WORD Research this...
    Rigters 20
    •   Toe het al die kinders van Israel uitgetrek, en die vergadering het soos een man, van Dan tot Berséba, saam met die land Gílead, byeengekom by die HERE in Mispa;
    •   en die hoofde van die hele volk, van al die stamme van Israel, het in die vergadering van die volk van God gaan staan vier honderd duisend man te voet wat die swaard uittrek.
    •   En die kinders van Benjamin het gehoor dat die kinders van Israel opgetrek het na Mispa. Toe die kinders van Israel: Vertel julle hoe hierdie misdaad gepleeg is.
    •   Daarop antwoord die Levitiese man, die man van die vermoorde vrou, en sê: Ek het in Gíbea wat aan Benjamin behoort, gekom, ek en my byvrou, om te vernag.
    •   En die burgers van Gíbea het teen my opgestaan en in vyandskap teen my die huis omsingel in die nag; hulle het gemeen om my dood te maak, en my byvrou het hulle onteer, sodat sy gesterf het.
    •   Toe het ek my byvrou gegryp en haar in stukke verdeel en haar rondgestuur in die hele gebied van die erfdeel van Israel, omdat hulle 'n gruwel en 'n skanddaad in Israel begaan het.
    •   Hier is julle, kinders van Israel, nou almal: gee julle hier woord en raad!
    •   Toe staan die hele volk op soos een man en sê: Geeneen van ons sal na sy tent toe gaan en geeneen van ons wegdraai na sy huis toe nie;
    •   maar dit is nou die ding wat ons Gíbea sal aandoen: Op teen hom volgens die lot!
    • 10   Ons sal naamlik tien man neem uit elke honderd van al die stamme van Israel, en honderd uit duisend, en duisend uit tien duisend, om padkos vir die manskappe te gaan haal, om as hulle gekom het, met Gíbea-Benjamin te handel volgens die skanddaad wat hy in Israel begaan het.
    • 11   Toe versamel al die manne van Israel by die stad, soos een man saamverbonde.
    • 12   En die stamme van Israel stuur manne deur die hele stam van Benjamin om te sê: Wat vir 'n misdaad is dit wat onder julle gepleeg is?
    • 13   Lewer dan nou die slegte manne uit wat in Gíbea is, dat ons hulle om die lewe kan bring en die kwaad uit Israel kan uitroei. Die Benjaminiete wou egter nie na hulle broers, die kinders van Israel, luister nie;
    • 14   maar die kinders van Benjamin het bymekaargekom uit die stede na Gíbea toe, om na die oorlog uit te trek teen die kinders van Israel.
    • 15   En die kinders van Benjamin uit die stede is op dié dag getel ses en twintig duisend man wat die swaard uittrek, behalwe die inwoners van Gíbea wat getel is: sewe honderd uitgesoekte manne.
    • 16   Uit al hierdie manskappe was daar sewe honderd uitgesoekte manne wat links was; hulle almal het met 'n klip op 'n haar geslinger sonder om te mis.
    • 17   En die manne van Israel, behalwe Benjamin, is getel: vier honderd duisend man wat die swaard uittrek, hulle almal was krygsmanne.
    • 18   En hulle het klaargemaak en opgetrek na Bet-el en God geraadpleeg; en die kinders van Israel het gesê: Wie van ons moet eerste optrek om te veg teen die kinders van Benjamin? Toe die HERE: Juda eerste.
    • 19   Daarop het die kinders van Israel die môre klaargemaak en laer opgeslaan teen Gíbea.
    • 20   En die manne van Israel het uitgetrek om te veg teen Benjamin, en die manne van Israel het hulleself in slagorde teen hulle opgestel, na Gíbea toe.
    • 21   Toe trek die kinders van Benjamin uit Gíbea uit, en hulle het op dié dag in Israel twee en twintig duisend man teen die grond vernietig.
    • 22   Maar die manskappe, die manne van Israel, het hulle sterk gehou en hulle weer in slagorde opgestel op die plek waar hulle hul die vorige dag opgestel het.
    • 23   En die kinders van Israel het opgetrek en geween voor die aangesig van die HERE tot die aand toe en die HERE geraadpleeg en gesê: Moet ek weer nader trek om te veg teen die kinders van Benjamin, my broer? En die HERE sê: Trek teen hom op!
    • 24   En toe die kinders van Israel die tweede dag nader kom na die kinders van Benjamin,
    • 25   het Benjamin uit Gíbea op die tweede dag uitgetrek om hulle te ontmoet en van die kinders van Israel nog agttien duisend man wat almal die swaard uittrek, teen die grond vernietig.
    • 26   Daarop trek al die kinders van Israel, ja, die hele volk weg, en hulle het na Bet-el gekom; en hulle het geween en daar gebly voor die aangesig van die HERE en dié dag gevas tot die aand toe en brandoffers en dankoffers voor die aangesig van die HERE gebring.
    • 27   En die kinders van Israel het die HERE geraadpleeg want die verbondsark van God was in dié dae daar,
    • 28   en Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van Aäron, het in dié dae voor Hom gedien en gesê: Moet ek nog weer uittrek om teen die kinders van Benjamin, my broer, te veg, of moet ek ophou? Toe die HERE: Trek op, want môre sal Ek hom in jou hand gee.
    • 29   En Israel het rondom teen Gíbea hinderlae opgestel.
    • 30   En die kinders van Israel het op die derde dag teen die kinders van Benjamin opgetrek en hulle teen Gíbea opgestel soos die vorige kere.
    • 31   En die kinders van Benjamin het uitgetrek, die manskappe tegemoet hulle is van die stad afgesny en, soos die vorige kere, het hulle begin om sommige van die manskappe op die grootpaaie te verslaan, waarvan die een opgaan na Bet-el, en die ander deur die veld na Gíbea omtrent dertig man in Israel.
    • 32   Toe dink die kinders van Benjamin: Hulle is voor ons verslaan soos die eerste keer! Maar die kinders van Israel het gesê: Laat ons vlug en hom van die stad afsny na die grootpaaie toe.
    • 33   En al die manne van Israel het hulle stelling verlaat en hulle by Baäl-Tamar opgestel, terwyl die hinderlaag van Israel aanruk uit sy stelling, uit die oop plek by Geba.
    • 34   En tien duisend uitgesoekte manne uit die hele Israel het teenoor Gíbea vandaan gekom, en die geveg was hewig; maar Benjamin het nie gemerk dat die onheil hulle sou tref nie.
    • 35   Toe het die HERE Benjamin voor Israel verslaan, en die kinders van Israel het op dié dag in Benjamin vyf en twintig duisend een honderd man wat almal die swaard uittrek, vernietig.
    • 36   So het dan die kinders van Benjamin gesien dat hulle verslaan is. En die manne van Israel het aan Benjamin terrein gegee, omdat hulle vertrou het op die hinderlaag wat hulle teen Gíbea opgestel het.
    • 37   Toe het die hinderlaag vinnig na Gíbea gestorm en die hinderlaag het getrek en die hele stad met die skerpte van die swaard verslaan.
    • 38   En die manne van Israel het 'n afspraak met die hinderlaag gehad dat hulle 'n groot rookwolk uit die stad moet laat optrek.
    • 39   Daarom het die manne van Israel omgedraai in die geveg; en die Benjaminiete het begin om onder die manne van Israel sommige neer te slaan, omtrent dertig man, want hulle het gedink: Hy is regtig heeltemal voor ons verslaan soos in die vorige geveg.
    • 40   Intussen het die wolk begin optrek uit die stad, 'n rookpilaar; en toe Benjamin agter hom omkyk, trek die hele stad al in rook na die hemel op!
    • 41   Toe die manne van Israel dan nou omdraai, het die manne van Benjamin geskrik, want hulle het gesien dat die onheil hulle gaan tref;
    • 42   en hulle het voor die manne van Israel omgedraai op pad na die woestyn; maar die geveg het hulle ingehaal, terwyl die wat uit die stede kom, hulle daar tussenin vernietig:
    • 43   hulle het Benjamin omsingel, hom agtervolg, hom op die rusplek vertrap tot teenoor Gíbea, aan die oostekant.
    • 44   En daar het van Benjamin agttien duisend man geval, en dit almal dapper manne.
    • 45   Toe spring hulle om en vlug na die woestyn, na die rots Rimmon; maar hulle het in die nageveg op die grootpaaie vyf duisend man van hulle gedood en hulle agternagesit tot by Gídeom en twee duisend man van hulle verslaan.
    • 46   En al die gesneuweldes van Benjamin op dié dag was vyf en twintig duisend man wat die swaard uittrek, en dit almal dapper manne.
    • 47   Maar ses honderd man het omgedraai en gevlug na die woestyn, na die rots Rimmon en vier maande by die rots Rimmon gebly.
    • 48   Toe gaan die manne van Israel terug na die kinders van Benjamin en verslaan hulle met die skerpte van die swaard, sowel mense as diere en alles wat voorgekom het; ook al die stede wat hulle aangetref het, het hulle aan die brand gesteek.
  • King James Version (kjv)
    • Active Persistent Session:

      To use a different persistent session key, simply add it above, and click the button below.

      How This All Works

      Your persistent session key, together with your favourite verse, authenticates you. It links to all your notes and tags in the Bible. You can share it with loved ones so they can see your notes and tags.

      However, to modify your notes and tags, you need both the persistent session key and your favourite verse.

      Please Keep Your Favourite Verse Private

      Your persistent session key and favourite verse provide you exclusive access to edit your notes and tags. Think of your persistent session key as a username and your favourite verse as a password. Therefore, ensure your favourite verse is kept private.

      The persistent session key allows viewing, while editing is only possible when the correct favourite verse is provided.

    • Loading...
  • Ou Vertaling (aov - 1.3.3)

    2009-03-24

    Afrikaans (af)

    1933/1953 Afrikaans Bybel,
    Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
    This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

    • Encoding: UTF-8
    • Direction: LTR
    • LCSH: Bible. Afrikaans.
    • Distribution Abbreviation: aov

    License

    Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire

    Source (OSIS)

    http://www.biblesociety.co.za

    history_1.1
    replaced missing verses
    history_1.2
    unlocked
    history_1.3
    corrected a number of encoding errors
    history_1.3.1
    corrected conf file
    history_1.3.2
    conf file correction
    history_1.3.3
    (2022-08-01) conf file correction

Basic Hash Usage Explained

At getBible, we've established a robust system to keep our API synchronized with the Crosswire project's modules. Let me explain how this integration works in simple terms.

We source our Bible text directly from the Crosswire modules. To monitor any updates, we generate "hash values" for each chapter, book, and translation. These hash values serve as unique identifiers that change only when the underlying content changes, thereby ensuring a tight integration between getBible and the Crosswire modules.

Every month, an automated process runs for approximately three hours. During this window, we fetch the latest Bible text from the Crosswire modules. Subsequently, we compare the new hash values and the text with the previous ones. Any detected changes trigger updates to both our official getBible hash repository and the Bible API for all affected translations. This system has been operating seamlessly for several years.

Once the updates are complete, any application utilizing our Bible API should monitor the hash values at the chapter, book, or translation level. Spotting a change in these values indicates that they should update their respective systems.

Hash values can change due to various reasons, including textual corrections like adding omitted verses, rectifying spelling errors, or addressing any discrepancies flagged by the publishers maintaining the modules at Crosswire.

The Crosswire initiative, also known as the SWORD Project, is the "source of truth" for getBible. Any modifications in the Crosswire modules get reflected in our API within days, ensuring our users access the most precise and current Bible text. We pledge to uphold this standard as long as getBible exists and our build scripts remain operational.

We're united in our mission to preserve the integrity and authenticity of the Bible text. If you have questions or require additional information, please use our support system. We're here to assist and will respond promptly.

Thank you for your understanding and for being an integral part of the getBible community.

Favourite Verse

You should select one of your favourite verses.

This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.

This is currently the active session key.

Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.

Rigters 20:

Sharing the Word of God with the world.
  • Share Text
    ...
  • Share Link

Rigters 20:1

Tagging this verse.

The active verse selected text should load here.

Active

Available Tags

Drag and drop the desired tag from the available ones to the active area.

To un-tag a verse, drag and drop the desired tag from active to the available tags area.

Edit Tag

Create Tag

Rigters 20:1

Notes on this verse.

The active verse selected text should load here.