Skip to main content
  • WORD Research this...
    Esra 10
    •   En terwyl Esra bid en hy wenende neerval en belydenis doen voor die huis van God, kom daar uit Israel 'n baie groot vergadering van manne en vroue en kinders by hom bymekaar; want die volk het geween met 'n groot geween.
    •   Toe het Segánja, die seun van Jéhiël, van die seuns van Elam, begin spreek en aan Esra gesê: Ons het ontrou gehandel teen onse God, dat ons vreemde vroue uit die volke van die land getrou het; maar tog is daar nog hoop vir Israel in hierdie saak.
    •   Laat ons dan nou 'n verbond met onse God sluit om al die vroue en wat uit hulle gebore is, weg te stuur volgens die raad van my heer en van die wat beef vir die gebod van onse God, en laat volgens die wet gehandel word.
    •   Staan op, want die saak rus op u, en ons staan by u; wees sterk en handel!
    •   Toe het Esra opgestaan en hy het die owerstes van die priesters, die Leviete en die hele Israel laat sweer om volgens hierdie woord te handel; en hulle het gesweer.
    •   En Esra het hom opgerig van voor die huis van God en weggegaan na die kamer van Jóhanan, die seun van Éljasib. En hy het daar gekom; geen brood het hy geëet en geen water gedrink nie, want hy het rou bedrywe oor die ontrou van die ballinge.
    •   Toe het hulle 'n oproep deur Juda en Jerusalem laat gaan aan al die ballinge om in Jerusalem saam te kom.
    •   En elkeen wat nie binne drie dae inkom nie, dié se hele besitting sou volgens besluit van die owerstes en die oudstes deur die banvloek getref word, en hy self uit die vergadering van die ballinge uitgesluit word.
    •   Daarop het al die manne van Juda en Benjamin binne drie dae in Jerusalem saamgekom; dit was die negende maand, op die twintigste van die maand; en die hele volk het op die plein van die huis van God gesit en bewe vanweë die saak self en vanweë die reënbuie.
    • 10   En die priester Esra het opgestaan en vir hulle gesê: Julle was ontrou en het vreemde vroue getrou om die skuld van Israel te vermeerder.
    • 11   Gee dan nou aan die HERE, die God van julle vaders, die eer en doen wat Hom behaag en sonder julle af van die volke van die land en van die vreemde vroue.
    • 12   Toe antwoord die hele vergadering en hardop: Só, volgens u woorde, is ons verplig om te handel;
    • 13   maar die mense is baie, en dit is die reëntyd dit is onmoontlik om buite te staan; en dit is nie 'n werk van een dag en nie van twee nie, want ons het in hierdie saak swaar oortree.
    • 14   Laat tog ons owerstes vir die hele vergadering optree, dan kan almal in ons stede wat vreemde vroue getrou het, op vasgestelde tye kom, en die oudstes en die regters van elkeen se stad saam met hulle, om die toorngloed van onse God, wat hierdie saak betref, van ons af te wend.
    • 15   Net Jónatan, die seun van Asahel, en Jagséja, die seun van Tikwa, het hierteen opgetree, en Mesúllam en die Leviet Sábbetai het hulle gesteun.
    • 16   Maar die seuns van die ballingskap het so gedoen; en afgesonder is: Esra, die priester, saam met manne, familiehoofde volgens hulle families, en hulle is almal by hul naam genoem; en hulle het op die eerste dag van die tiende maand sitting gehou om die saak te ondersoek,
    • 17   en met al die manne wat vreemde vroue getrou het, was hulle gereed op die eerste dag van die eerste maand.
    • 18   En van die seuns van die priesters wat vreemde vroue getrou het, was daar van die seuns van Jésua, die seun van Jósadak, en sy broers: Maäséja en Eliëser en Jarib en Gedálja.
    • 19   Maar hulle het hulle hand daarop gegee dat hulle hul vroue sou wegstuur en dat hulle 'n ram skuldig sou wees vir hulle skuld.
    • 20   En van die seuns van Immer: Hanáni en Sebádja;
    • 21   en van die seuns van Harim: Maäséja en Elía en Semája en Jéhiël en Ussía;
    • 22   en van die seuns van Pasgur: Eljoënai, Maäséja, Ismael, Netáneël, Jósabad en Eleása.
    • 23   En van die Leviete: Jósabad en Símeï en Kelája (dit is Kelíta), Petágja, Juda en Eliëser.
    • 24   En van die sangers: Éljasib; en van die poortwagters: Sallum en Telem en Uri.
    • 25   En uit Israel, van die seuns van Parhos: Ramja en Jissía en Malkía en Míjamin en Eleásar en Malkía en Benája;
    • 26   en van die seuns van Elam: Mattánja, Sagaría en Jéhiël en Abdi en Jéremot en Elía;
    • 27   en van die seuns van Sattu: Eljoënai, Éljasib, Mattánja en Jéremot en Sabad en Asísa;
    • 28   en van die seuns van Bébai: Jóhanan, Hanánja, Sabbai en Atlai;
    • 29   en van die seuns van Bani: Mesúllam, Mallug en Adája, Jasub en Seal, Jéremot;
    • 30   en van die seuns van Pahat-Moab: Adna en Kelal, Benája, Maäséja, Mattánja, Besáleël en Bínnuï en Manasse;
    • 31   en van die seuns van Harim: Eliëser, Jissía, Malkía, Semája, Símeon,
    • 32   Benjamin, Mallug, Semárja;
    • 33   van die seuns van Hasum: Mátnai, Mattátta, Sabad, Elifélet, Jerémai, Manasse, Símeï;
    • 34   van die seuns van Bani Máädai, Amram en Uel,
    • 35   Benája, Bedéja, Kelúhu,
    • 36   Wanja, Méremot, Éljasib,
    • 37   Mattánja, Mátnai en Jáäsai
    • 38   en Bani en Bínnuï, Símeï
    • 39   en Selémja en Natan en Adája,
    • 40   Magnádbai, Sásai, Sárai,
    • 41   Asáreël en Selémja, Semárja,
    • 42   Sallum, Amárja, Josef;
    • 43   van die seuns van Nebo: Jeï-el, Mattítja, Sabad, Sebína, Jáddai en Joël, Benája.
    • 44   Hulle almal het vreemde vroue getrou, en daaronder was vroue wat kinders voortgebring het.
  • King James Version (kjv)
    • Active Persistent Session:

      To use a different persistent session key, simply add it above, and click the button below.

      How This All Works

      Your persistent session key, together with your favourite verse, authenticates you. It links to all your notes and tags in the Bible. You can share it with loved ones so they can see your notes and tags.

      However, to modify your notes and tags, you need both the persistent session key and your favourite verse.

      Please Keep Your Favourite Verse Private

      Your persistent session key and favourite verse provide you exclusive access to edit your notes and tags. Think of your persistent session key as a username and your favourite verse as a password. Therefore, ensure your favourite verse is kept private.

      The persistent session key allows viewing, while editing is only possible when the correct favourite verse is provided.

    • Loading...
  • Ou Vertaling (aov - 1.3.3)

    2009-03-24

    Afrikaans (af)

    1933/1953 Afrikaans Bybel,
    Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
    This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

    • Encoding: UTF-8
    • Direction: LTR
    • LCSH: Bible. Afrikaans.
    • Distribution Abbreviation: aov

    License

    Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire

    Source (OSIS)

    http://www.biblesociety.co.za

    history_1.1
    replaced missing verses
    history_1.2
    unlocked
    history_1.3
    corrected a number of encoding errors
    history_1.3.1
    corrected conf file
    history_1.3.2
    conf file correction
    history_1.3.3
    (2022-08-01) conf file correction

Basic Hash Usage Explained

At getBible, we've established a robust system to keep our API synchronized with the Crosswire project's modules. Let me explain how this integration works in simple terms.

We source our Bible text directly from the Crosswire modules. To monitor any updates, we generate "hash values" for each chapter, book, and translation. These hash values serve as unique identifiers that change only when the underlying content changes, thereby ensuring a tight integration between getBible and the Crosswire modules.

Every month, an automated process runs for approximately three hours. During this window, we fetch the latest Bible text from the Crosswire modules. Subsequently, we compare the new hash values and the text with the previous ones. Any detected changes trigger updates to both our official getBible hash repository and the Bible API for all affected translations. This system has been operating seamlessly for several years.

Once the updates are complete, any application utilizing our Bible API should monitor the hash values at the chapter, book, or translation level. Spotting a change in these values indicates that they should update their respective systems.

Hash values can change due to various reasons, including textual corrections like adding omitted verses, rectifying spelling errors, or addressing any discrepancies flagged by the publishers maintaining the modules at Crosswire.

The Crosswire initiative, also known as the SWORD Project, is the "source of truth" for getBible. Any modifications in the Crosswire modules get reflected in our API within days, ensuring our users access the most precise and current Bible text. We pledge to uphold this standard as long as getBible exists and our build scripts remain operational.

We're united in our mission to preserve the integrity and authenticity of the Bible text. If you have questions or require additional information, please use our support system. We're here to assist and will respond promptly.

Thank you for your understanding and for being an integral part of the getBible community.

Favourite Verse

You should select one of your favourite verses.

This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.

This is currently the active session key.

Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.

Esra 10:

Sharing the Word of God with the world.
  • Share Text
    ...
  • Share Link

Esra 10:1

Tagging this verse.

The active verse selected text should load here.

Active

Available Tags

Drag and drop the desired tag from the available ones to the active area.

To un-tag a verse, drag and drop the desired tag from active to the available tags area.

Edit Tag

Create Tag

Esra 10:1

Notes on this verse.

The active verse selected text should load here.