Skip to main content
  • WORD Research this...
    Numeri 4
    •   En die HERE het met Moses en Aäron gespreek en gesê:
    •   Neem die volle getal van die seuns van Kehat op, onder die seuns van Levi uit, volgens hulle geslagte, volgens hulle families,
    •   van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig is, om werk by die tent van samekoms te verrig.
    •   Dit sal die dienswerk van die seuns van Kehat by die tent van samekoms wees, naamlik die hoogheilige dinge.
    •   By die opbreek van die laer moet Aäron en sy seuns kom en die voorhangsel tot bedekking afneem en daarmee die ark van die Getuienis bedek.
    •   En hulle moet 'n dekkleed van robbevelle daarop sit en 'n doek, heeltemal van pers stof, daar bo-oor uitsprei en sy draaghoute insteek.
    •   Hulle moet ook oor die toonbroodtafel 'n pers doek uitsprei en daarop neersit die skottels en die rookpanne en die bekers en die drankofferkanne; ook moet die altyd-blywende brood daarop wees.
    •   Daarna moet hulle 'n skarlaken doek daaroor uitsprei en dit met 'n dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek.
    •   Dan moet hulle 'n pers doek neem en die kandelaar tot verligting bedek, met sy lampe en sy snuiters en sy bakkies en al sy oliekanne waarmee hulle daarby diens doen.
    • 10   En hulle moet dit met al sy gereedskap op 'n dekkleed van robbevelle neerlê en dit op die draagbaar sit.
    • 11   En oor die goue altaar moet hulle 'n pers doek uitsprei en dit met 'n dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek.
    • 12   Hulle moet ook al die gereedskap neem waarmee hulle diens in die heiligdom doen, en dit op 'n pers doek neerlê en met 'n dekkleed van robbevelle toemaak en dit op die draagbaar sit.
    • 13   En hulle moet die as van die altaar verwyder en daar 'n purper doek oor uitsprei.
    • 14   En hulle moet al sy gereedskap daarop neersit waarmee hulle daarby diens doen: die vuurpanne, die vurke en die skoppe en die komme, al die gereedskap van die altaar; en hulle moet daar 'n dekkleed van robbevelle oor uitsprei en sy draaghoute insteek.
    • 15   En eers nadat Aäron en sy seuns, by die opbreek van die laer, klaar is met die toemaak van die heiligdom en van al die gereedskap van die heiligdom, moet die seuns van Kehat kom om te dra; maar hulle mag nie aan die heilige dinge raak nie, sodat hulle nie sterwe nie. Hierdie dinge is dit wat die seuns van Kehat moet dra van die tent van samekoms.
    • 16   En die toesig van Eleásar, die seun van die priester Aäron, gaan oor die olie vir die kandelaar en die reukwerk van speserye en die voortdurende spysoffer en die salfolie; die toesig oor die hele tabernakel en oor alles wat daarin is: die heiligdom en bybehorende gereedskap.
    • 17   En die HERE het met Moses en Aäron gespreek en gesê:
    • 18   Sorg dat die stam van die geslagte van die Kehatiete nie onder die Leviete uitgeroei word nie.
    • 19   Maar doen vir hulle dit, sodat hulle lewe en nie sterwe nie as hulle na die hoogheilige dinge aankom: Aäron en sy seuns moet ingaan en hulle aanstel elkeen oor sy dienswerk en oor wat hy moet dra.
    • 20   Maar hulle moet nie inkom om vir 'n oomblik die heiligdom te sien nie, sodat hulle nie sterwe nie.
    • 21   En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
    • 22   Neem die volle getal op ook van die seuns van Gerson volgens hulle families, volgens hulle geslagte.
    • 23   Jy moet hulle tel van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat verplig is om diens te doen, om dienswerk te verrig by die tent van samekoms.
    • 24   Dit sal die dienswerk van die geslagte van die Gersoniete wees by die diens en by die vervoer:
    • 25   hulle moet die tentdoeke van die tabernakel dra, ook die tent van samekoms, sy dekkleed en die dekkleed van robbevelle wat daar bo-oor is, en die bedekking vir die ingang van die tent van samekoms
    • 26   en die behangsels van die voorhof en die bedekking vir die ingang van die poort van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, en hulle lyne sowel as al die gereedskap wat by die bediening daarvan behoort; en alles wat daarvoor gedoen moet word, moet hulle verrig.
    • 27   Die hele dienswerk van die seuns van die Gersoniete alles wat hulle moet dra en hulle hele diens moet wees volgens die bevel van Aäron en sy seuns; en julle moet hulle al hulle drawerk aanwys om dit waar te neem.
    • 28   Dit is die dienswerk vir die geslagte van die seuns van die Gersoniete by die tent van samekoms; en wat hulle te besorg het, moet plaasvind onder leiding van Itamar, die seun van die priester Aäron.
    • 29   Wat aangaan die seuns van Merári dié moet jy tel volgens hulle geslagte, volgens hulle families.
    • 30   Jy moet hulle tel van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig is, om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig.
    • 31   En dit is wat by hulle drawerk besorg moet word, hulle hele dienswerk by die tent van samekoms: die style van die tabernakel met sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke
    • 32   en die pilare van die voorhof rondom met hulle voetstukke en hulle penne en hulle lyne al die gereedskap sowel as alles wat by die bediening daarvan behoort. En die gereedskap wat by hulle drawerk besorg moet word, moet julle met die naam aanwys.
    • 33   Dit is die dienswerk vir die geslagte van die seuns van Merári, hulle hele diens by die tent van samekoms onder leiding van Itamar, die seun van die priester Aäron.
    • 34   En Moses en Aäron en die owerstes van die vergadering het die seuns van die Kehatiete getel volgens hulle geslagte en volgens hulle families;
    • 35   van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms.
    • 36   En hulle geteldes was volgens hulle geslagte twee duisend sewe honderd en vyftig.
    • 37   Dit is die geteldes van die geslagte van die Kehatiete, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE deur die diens van Moses getel het.
    • 38   En die geteldes van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte en volgens hulle families,
    • 39   van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms
    • 40   hulle geteldes was volgens hulle geslagte, volgens hulle families, twee duisend ses honderd en dertig.
    • 41   Dit is die geteldes van die geslagte van Gerson se seuns, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE getel het.
    • 42   En die geteldes van die geslagte van Merári se seuns volgens hulle geslagte, volgens hulle families,
    • 43   van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms
    • 44   hulle geteldes was volgens hulle geslagte drie duisend twee honderd.
    • 45   Dit is die geteldes van die geslagte van Merári se seuns wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE deur die diens van Moses getel het.
    • 46   Al die getelde Leviete wat Moses en Aäron en die owerstes van Israel getel het, volgens hulle geslagte en volgens hulle families,
    • 47   van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was om dienswerk te verrig en die werk van vervoer by die tent van samekoms
    • 48   hulle geteldes was agt duisend vyf honderd en tagtig.
    • 49   Volgens die bevel van die HERE deur tussenkoms van Moses is hulle aangewys elkeen vir sy diens en vir sy drawerk; naamlik die geteldes, soos die HERE Moses beveel het.
  • King James Version (kjv)
    • Active Persistent Session:

      To use a different persistent session key, simply add it above, and click the button below.

      How This All Works

      Your persistent session key, together with your favourite verse, authenticates you. It links to all your notes and tags in the Bible. You can share it with loved ones so they can see your notes and tags.

      However, to modify your notes and tags, you need both the persistent session key and your favourite verse.

      Please Keep Your Favourite Verse Private

      Your persistent session key and favourite verse provide you exclusive access to edit your notes and tags. Think of your persistent session key as a username and your favourite verse as a password. Therefore, ensure your favourite verse is kept private.

      The persistent session key allows viewing, while editing is only possible when the correct favourite verse is provided.

    • Loading...
  • Ou Vertaling (aov - 1.3.3)

    2009-03-24

    Afrikaans (af)

    1933/1953 Afrikaans Bybel,
    Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
    This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

    • Encoding: UTF-8
    • Direction: LTR
    • LCSH: Bible. Afrikaans.
    • Distribution Abbreviation: aov

    License

    Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire

    Source (OSIS)

    http://www.biblesociety.co.za

    history_1.1
    replaced missing verses
    history_1.2
    unlocked
    history_1.3
    corrected a number of encoding errors
    history_1.3.1
    corrected conf file
    history_1.3.2
    conf file correction
    history_1.3.3
    (2022-08-01) conf file correction

Basic Hash Usage Explained

At getBible, we've established a robust system to keep our API synchronized with the Crosswire project's modules. Let me explain how this integration works in simple terms.

We source our Bible text directly from the Crosswire modules. To monitor any updates, we generate "hash values" for each chapter, book, and translation. These hash values serve as unique identifiers that change only when the underlying content changes, thereby ensuring a tight integration between getBible and the Crosswire modules.

Every month, an automated process runs for approximately three hours. During this window, we fetch the latest Bible text from the Crosswire modules. Subsequently, we compare the new hash values and the text with the previous ones. Any detected changes trigger updates to both our official getBible hash repository and the Bible API for all affected translations. This system has been operating seamlessly for several years.

Once the updates are complete, any application utilizing our Bible API should monitor the hash values at the chapter, book, or translation level. Spotting a change in these values indicates that they should update their respective systems.

Hash values can change due to various reasons, including textual corrections like adding omitted verses, rectifying spelling errors, or addressing any discrepancies flagged by the publishers maintaining the modules at Crosswire.

The Crosswire initiative, also known as the SWORD Project, is the "source of truth" for getBible. Any modifications in the Crosswire modules get reflected in our API within days, ensuring our users access the most precise and current Bible text. We pledge to uphold this standard as long as getBible exists and our build scripts remain operational.

We're united in our mission to preserve the integrity and authenticity of the Bible text. If you have questions or require additional information, please use our support system. We're here to assist and will respond promptly.

Thank you for your understanding and for being an integral part of the getBible community.

Favourite Verse

You should select one of your favourite verses.

This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.

This is currently the active session key.

Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.

Numeri 4:

Sharing the Word of God with the world.
  • Share Text
    ...
  • Share Link

Numeri 4:1

Tagging this verse.

The active verse selected text should load here.

Active

Available Tags

Drag and drop the desired tag from the available ones to the active area.

To un-tag a verse, drag and drop the desired tag from active to the available tags area.

Edit Tag

Create Tag

Numeri 4:1

Notes on this verse.

The active verse selected text should load here.