Skip to main content
  • WORD Research this...
    Mattheüs 27
    •   En toe dit dag geword het, het al die owerpriesters en die ouderlinge van die volk saam raad gehou teen Jesus om Hom dood te maak.
    •   En hulle het Hom geboei en weggelei en Hom oorgelewer aan Pontius Pilatus, die goewerneur.
    •   Daarna het Judas, sy verraaier, toe hy sien dat Hy veroordeel was, berou gekry en die dertig silwerstukke teruggebring na die owerpriesters en die ouderlinge
    •   en gesê: Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai. Maar hulle sê: Wat gaan dit ons aan? Jy kan toesien!
    •   En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang.
    •   En die owerpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: Dit is nie geoorloof om dit in die skatkis te stort nie, omdat dit bloedgeld is.
    •   En nadat hulle saam raad gehou het, het hulle die stuk grond van die pottebakker daarmee gekoop as 'n begraafplaas vir vreemdelinge.
    •   Daarom is dié stuk grond genoem Bloedgrond, tot vandag toe.
    •   Toe is vervul wat gespreek is deur Jeremia, die profeet, toe hy gesê het: En hulle het die dertig silwerstukke geneem, die prys van die gewaardeerde wat hulle gewaardeer het vanweë die kinders van Israel;
    • 10   en hulle het dit gegee vir die grond van die pottebakker, soos die Here my beveel het.
    • 11   En Jesus het voor die goewerneur gestaan, en die goewerneur het Hom die vraag gestel en gesê: Is U die Koning van die Jode? En Jesus antwoord hom: U dit.
    • 12   En terwyl Hy deur die owerpriesters en die ouderlinge beskuldig word, het Hy niks geantwoord nie.
    • 13   Toe Pilatus vir Hom: Hoor U nie hoe baie dinge hulle teen U getuig nie?
    • 14   En Hy het hom op geen enkele woord geantwoord nie, sodat die goewerneur hom baie verwonder het.
    • 15   En op die fees was die goewerneur gewoond om een gevangene, die een wat hulle wou hê, vir die skare los te laat.
    • 16   En in daardie tyd het hulle 'n berugte gevangene gehad met die naam van Barábbas.
    • 17   Nadat hulle dan byeengekom het, Pilatus vir hulle: Wie wil julle moet ek vir julle loslaat: Barábbas, of Jesus wat genoem word Christus?
    • 18   Want hy het geweet dat hulle Hom uit nydigheid oorgelewer het.
    • 19   En terwyl hy op die regbank sit, het sy vrou na hom gestuur en gesê: Moet tog niks te doen met dié regverdige man nie, want ek het vandag in 'n droom baie gely om sy ontwil.
    • 20   Maar die owerpriesters en die ouderlinge het die skare oorgehaal dat hulle Barábbas moes begeer en Jesus ombring.
    • 21   Toe antwoord die goewerneur en vir hulle: Wie van die twee wil julle moet ek vir julle loslaat? En hulle antwoord: Barábbas!
    • 22   Pilatus vir hulle: Wat moet ek dan doen met Jesus wat genoem word Christus? Hulle almal vir hom: Laat Hom gekruisig word!
    • 23   En die goewerneur sê: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Maar hulle skreeu nog harder en sê: Laat Hom gekruisig word!
    • 24   En toe Pilatus sien dat niks help nie, maar dat daar eerder 'n oproer kom, het hy water geneem en sy hande voor die skare gewas en gesê: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien!
    • 25   En die hele volk antwoord en sê: Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!
    • 26   Toe laat hy vir hulle Barábbas los, maar Jesus het hy laat gésel en oorgelewer om gekruisig te word.
    • 27   Daarop neem die soldate van die goewerneur Jesus met hulle saam in die goewerneur se paleis en bring die hele leërafdeling teen Hom bymekaar.
    • 28   Toe trek hulle sy klere uit en werp 'n rooi mantel om Hom;
    • 29   en hulle vleg 'n kroon van dorings en sit dit op sy hoof, en 'n riet in sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom en sê: Wees gegroet, Koning van die Jode!
    • 30   En hulle spuug op Hom en neem die riet en slaan Hom op sy hoof.
    • 31   En nadat hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die mantel uit en trek Hom sy klere aan en lei Hom weg om gekruisig te word.
    • 32   En toe hulle uitgaan, kry hulle 'n man van Ciréne, met die naam van Simon; hom het hulle gedwing om sy kruis te dra.
    • 33   En hulle het gekom op 'n plek wat Gólgota genoem word dit beteken: Plek van die Hoofskedel
    • 34   en vir Hom asyn, met gal gemeng, gegee om te drink; en toe Hy dit proe, wou Hy nie drink nie.
    • 35   En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp, sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad die lot gewerp.
    • 36   En hulle het gaan sit en Hom daar bewaak.
    • 37   En bokant sy hoof het hulle sy beskuldiging in skrif opgestel: DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE.
    • 38   Toe word daar saam met Hom twee rowers gekruisig, een aan die regter— en een aan die linkerkant.
    • 39   En die verbygangers het Hom gesmaad terwyl hulle hul hoofde skud
    • 40   en sê: U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom af van die kruis!
    • 41   En so het ook die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes en ouderlinge gespot en gesê:
    • 42   Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie. As Hy die Koning van Israel is, laat Hom nou van die kruis afkom, en ons sal in Hom glo.
    • 43   Hy het op God vertrou; laat Hy Hom nou verlos as Hy behae in Hom het; want Hy het gesê: Ek is die Seun van God.
    • 44   En op dieselfde manier het die rowers wat saam met Hom gekruisig was, Hom ook beledig.
    • 45   En van die sesde uur af het daar duisternis gekom oor die hele aarde tot die negende uur toe;
    • 46   en omtrent die negende uur het Jesus met 'n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?
    • 47   En sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: Hy roep Elía.
    • 48   Toe hardloop daar dadelik een van hulle en neem 'n spons en maak dit vol asyn, en sit dit op 'n riet en laat Hom drink.
    • 49   Maar die ander sê: Wag, laat ons sien of Elía kom om Hom te verlos.
    • 50   Daarop het Jesus weer met 'n groot stem geroep en die gees gegee.
    • 51   En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur;
    • 52   en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan.
    • 53   En sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn.
    • 54   En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God.
    • 55   En daar was baie vroue wat dit van ver af aanskou het, wat vir Jesus van Galiléa af gevolg en Hom gedien het.
    • 56   Onder hulle was daar Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Jakobus en Joses, en die moeder van die seuns van Sebedéüs.
    • 57   En toe dit aand geword het, het daar 'n ryk man van Arimathéa gekom met die naam van Josef, wat self ook 'n dissipel van Jesus was.
    • 58   Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra. Toe beveel Pilatus dat die liggaam afgegee moes word.
    • 59   En Josef het die liggaam geneem en dit met skoon linne toegedraai
    • 60   en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy 'n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan.
    • 61   En Maria Magdaléna was daar en die ander Maria, en hulle het reg voor die graf gesit.
    • 62   Die volgende dag dit is die dag die voorbereiding kom die owerpriesters en die Fariseërs by Pilatus saam
    • 63   en sê: My heer, ons herinner ons dat dié verleier, toe hy in die lewe was, gesê het: Oor drie dae staan ek op.
    • 64   Gee dan bevel dat die graf verseker word tot die derde dag toe, dat sy dissipels nie miskien in die nag kom en Hom steel nie, en vir die volk sê: Hy het opgestaan uit die dode. En die laaste dwaling sal erger wees as die eerste.
    • 65   Daarop Pilatus vir hulle: Julle sal 'n wag kry; gaan verseker dit soos julle dit verstaan.
    • 66   En hulle het gegaan en die graf verseker deur die steen te verseël in teenwoordigheid van die wag.
  • King James Version (kjv)
    • Active Persistent Session:

      To use a different persistent session key, simply add it above, and click the button below.

      How This All Works

      Your persistent session key, together with your favourite verse, authenticates you. It links to all your notes and tags in the Bible. You can share it with loved ones so they can see your notes and tags.

      However, to modify your notes and tags, you need both the persistent session key and your favourite verse.

      Please Keep Your Favourite Verse Private

      Your persistent session key and favourite verse provide you exclusive access to edit your notes and tags. Think of your persistent session key as a username and your favourite verse as a password. Therefore, ensure your favourite verse is kept private.

      The persistent session key allows viewing, while editing is only possible when the correct favourite verse is provided.

    • Loading...
  • Ou Vertaling (aov - 1.3.3)

    2009-03-24

    Afrikaans (af)

    1933/1953 Afrikaans Bybel,
    Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
    This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

    • Encoding: UTF-8
    • Direction: LTR
    • LCSH: Bible. Afrikaans.
    • Distribution Abbreviation: aov

    License

    Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire

    Source (OSIS)

    http://www.biblesociety.co.za

    history_1.1
    replaced missing verses
    history_1.2
    unlocked
    history_1.3
    corrected a number of encoding errors
    history_1.3.1
    corrected conf file
    history_1.3.2
    conf file correction
    history_1.3.3
    (2022-08-01) conf file correction

Basic Hash Usage Explained

At getBible, we've established a robust system to keep our API synchronized with the Crosswire project's modules. Let me explain how this integration works in simple terms.

We source our Bible text directly from the Crosswire modules. To monitor any updates, we generate "hash values" for each chapter, book, and translation. These hash values serve as unique identifiers that change only when the underlying content changes, thereby ensuring a tight integration between getBible and the Crosswire modules.

Every month, an automated process runs for approximately three hours. During this window, we fetch the latest Bible text from the Crosswire modules. Subsequently, we compare the new hash values and the text with the previous ones. Any detected changes trigger updates to both our official getBible hash repository and the Bible API for all affected translations. This system has been operating seamlessly for several years.

Once the updates are complete, any application utilizing our Bible API should monitor the hash values at the chapter, book, or translation level. Spotting a change in these values indicates that they should update their respective systems.

Hash values can change due to various reasons, including textual corrections like adding omitted verses, rectifying spelling errors, or addressing any discrepancies flagged by the publishers maintaining the modules at Crosswire.

The Crosswire initiative, also known as the SWORD Project, is the "source of truth" for getBible. Any modifications in the Crosswire modules get reflected in our API within days, ensuring our users access the most precise and current Bible text. We pledge to uphold this standard as long as getBible exists and our build scripts remain operational.

We're united in our mission to preserve the integrity and authenticity of the Bible text. If you have questions or require additional information, please use our support system. We're here to assist and will respond promptly.

Thank you for your understanding and for being an integral part of the getBible community.

Favourite Verse

You should select one of your favourite verses.

This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.

This is currently the active session key.

Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.

Matteus 27:

Sharing the Word of God with the world.
  • Share Text
    ...
  • Share Link

Matteus 27:1

Tagging this verse.

The active verse selected text should load here.

Active

Available Tags

Drag and drop the desired tag from the available ones to the active area.

To un-tag a verse, drag and drop the desired tag from active to the available tags area.

Edit Tag

Create Tag

Matteus 27:1

Notes on this verse.

The active verse selected text should load here.